
Dood van ’n geliefde (1)
Vroeg in September
skryf ek vir jou ’n versie
en onder in die emmer
brand my talent soos
’n verjaarsdagkersie
later in September
bak ek vir jou
outydse kleinkoekies
met baie gemmer en
klein bietjie outyds-liefde
jy spook saans in my,
bedags sit ons in die tuin
tussen druiwe en pruim-
bome, want ek
wag vir jou.
Daardie jaar toe jy
verjaar en daar
was niemand vir wie ek
kon sing
my versie en my
opmaakliedjie.


Kommentaar
❤👍