Die volheid van heiligheid
sloop die skil van jou mond
tot jou tong se (s)waarheid
soos ’n kleinood deur my
ontmaskerde mensheid skyn
waar ek steeds tot pulp en pigment
voor jou oopbars –
om dronk te raak van Adonisbloed
offer aan my jou klustersaad
wanneer die nag in jou oë bot
en ek luidkeels roep na God
soos ’n boom in die droogte
met somerreën ressorteer
word ons in hierdie
granatumliefde uitgestam
Kommentaar
Beeldskoon, heilige gedig.
Besonderse beeldryke gedig!
Pragtig!
'stroop' sou dalk beter werk as 'sloop'?
Absoluut gaande oor die beelde in jou gedig en die algehele dubbelsinnigheid wat voorkom tussen seer en passie. Jy skryf 'n hond uit 'n bos uit, jongman! Die aanwending van "skil" as 'n werkwoord versteek soveel emosie wat die waarheid van die swaarheid beklemtoon!
Ek hou van die Griekse mitologie wat na vore kom. Briljant geskryf.