
Pretoria
Ek wil vir jou
’n jakarandaboom pluk –
vir studentedae
vol bloeisels geluk
en Railways Café-palette
in jou agterplaas plak
met Indië-musiek in ons ore
en feetjielig in boom en tak
en ’n kar-serenade
in laatmiddagverkeer
terwyl ons die wittebroodseisoen
van ons lewens verteer
en ’n kartonkoppie koffie
om die stadsgedruis te sluk
voor die Eskom-sterre
ons na ons drome terugruk.
Want my saad het ontkiem
op sentimentele grond
en jy – ’n lugbesoedelde
sonsak – soen op my mond.


Kommentaar
Pragtig. 'n Ode aan 'n stad wat na aan my hart lê. Snor City.