Ek het in Pretoria grootgeword en Arbeidsterapie in Bloemfontein studeer. Ek is tans 22 en werk in die Rosestad. Skryf is nog altyd vir my ’n passie en ’n uitlaatklep. Ek wil graag ander inspireer deur wat ek skryf, soos wat die bronne van my gedigte my inspireer het.
Ek's ’n idealistiese dromer wat nog die wêreld wil sien en na mense wil uitreik. Ek floreer in ’n kunstige, spontane omgewing en het ’n nuutgevonde liefde vir die platteland ontwikkel.