
Oktober
Dis nog dieselfde bome
wat oor die teerpad buig
om met persgeblomde moue
te omhels
soos lank gelede toe
Protea Boekhuis nog ’n huis was
Burnettstraat soos ’n filmstel
die GW wat wydsbeen
oor Roperstraat waak
Bloeisels gaan oor in blare
maar, elke Oktober
luister Valiant se Jakarandastrate
in Rigel, Johan Rissik en met
Herbert Baker langs
In Brooklyn rol die reën nog steeds
’n pers tapyt vir liefde uit
Onthou ons toevallige ontmoeting
in die fietsloods met sy sagte lig
hoe jy maak of jy ’n bloeisel uit my
nat hare haal en dan skielik
deeglik
die waarde van ’n goeie jaarpunt besef


Kommentaar
Pragtige gedig van 'n opkomende digteres!
Pragtig!