Swart hond

  • 0

Swart hond
vir Dana Snyman

jy was eerste daar
maar hy was op
jou hakke
en op
my spoor

my naelstring
was om jou nek

toe ek wakker word
na narkose
was my buik leeg
jy weg
en ek gek

maar in jou plek
op my skoot
was ’n hond
swart en
groot
hy het my spoor
gevat en gevind
toe die dokter die
naelstring afbind

weke later toe ek jou
in my arms toevou
het die hond gegrom
opgeskuif
en plek gemaak
vir ’n duif

uit die hoek
van my oog
kon ek die hond
lewenslank sien

hy het bedaar

die duif is steeds daar

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top