NB-Uitgewersportaal

NB-Uitgewers is die grootse plaaslike algemene uitgewery in die Suid-Afrikaanse boekemark en is die markleier in volwasse fiksie, kinder- en jeugboeke en niefiksie.

NB Publishers is the largest general publisher in the South African book market, and the leader in adult fiction, nonfiction and children’s and youth fiction.

Super C: ’n onderhoud met Susan Coetzer

Louise Viljoen (JBay), Susan Coetzer Skrywersonderhoude 2025-10-15

Susan Coetzer gesels met Louise Viljoen van Jeffreysbaai: "Ek is nie ’n predikant, onderwyseres of sielkundige nie, en ook nie ’n vreeslike beredeneerde persoon nie. As outeur van Super C wil ek eerder as ’n kreatiewe, onveroordelende omgeevriendin met die lesers probeer bind deur my teleurstellings en oorwinnings met erns (en soms speelsheid) met hulle te deel."

Pasverskyn: Duistermaan deur Jaco Jacobs

LitNet Boeke en skrywers 2025-10-14
Dennis verhuis saam met sy ouers na ’n afgeleë padstal in die Drakensberge. Die eienaar hou ’n unieke klompie diere op die plaas aan - maar die vreemdste van almal is ’n grys wolf genaamd Bruno. Wanneer die buurman se alpakkas dood gevind word, is daar gerugte van ’n “Wolfmens”. En dan ontdek hy ’n ou selfoon in sy kamer met ’n ysige boodskap. Hy moet die waarheid ontrafel voordat wat ook al in die donker skuil nog ’n slagoffer eis ...

Life is ’n biets deur Faeed Amardien: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-10-10

"Lees hierdie onpretensieuse debuutroman van Faeed Amardien en gee dit vir ’n vriend, vriendin en daai tiener wat dalk net hormone, knieë en elmboë is, sodat ons saam kan besluit dat die lewe waaragtig nie fair is nie, en dat elkeen sy eie spoke moet besweer."

Nuut by Human & Rousseau: Sweetie: Stories deur Nataniël

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-09

Hierdie splinternuwe versameling van Nataniël bevat 31 stories – 5 in Engels, 26 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is uit Nataniël-produksies oor ’n periode van twee jaar: Ring van vuurNineveh songCake topper en Duif.

Nuut by Human & Rousseau: Al die swendelaars deur Chris Karsten

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-09

Op die vooraand van speurder Arrie Dogh se aftrede beland ’n oënskynlik doodgewone inbraaksaak op sy lessenaar. En wanneer hy begin ondersoek instel na die inbrekers op Louis Jooste se perdeplaas neffens Wildernis, besef hy daar skuil ’n slinkse slang in die gras. Waar begin die storie wat Arrie eindelik oorvertel? By die Turkse perdekopers? By Jooste se ponzi wat Bertie en vriend Diek se neseiers ingesluk het? Of begin als by die miljoene wat uit ’n rusbank op Jooste se stoetplaas verdwyn het?

Cliff-hanger: Life is ’n biets deur Faeed Amardien

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-10-09

"Ek dink elke leser moet hierdie boek lees. Ek wil nie oordeel uitspreek nie, maar ek dink die haweloses word steeds beoordeel – en hierdie boek laat jou in hul spore stap."

Fresh off the press: Malema: Money. Power. Patronage. by Micah Reddy and Pauli van Wyk

LitNet Books and writers 2025-10-08

Over the past two decades, Malema has leveraged his growing political clout to bankroll his party and amass a personal fortune. In this revealing book, investigative journalists Micah Reddy and Pauli van Wyk follow the money, demonstrating how Malema built his fiefdom. 

Die ooggetuie deur Wilna Roux, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2025-10-01

"Die ooggetuie is die een boek wat John Grisham sou wens hy het geskryf."

Pasverskyn: Die jaar toe dit gemmerbier gereën het deur Philip de Vos

LitNet Boeke en skrywers 2025-09-30
Moedverloor word deur ’n verskriklike droogte geteister. Die dorp is verlate – behalwe vir Koot Marais, die apteker, en sy gesin. Maar dan beland Katisja op hulle voorstoep – gewapen met slegs haar rooi sambreel en onmoontlike oplossings vir allerhande onmoontlike probleme.

Commendatio: Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir fiksie 2025

Willie Burger Boeke en skrywers 2025-09-27

"Onrus op Steynshoop is daarom nie net ’n roman wat die hoogtepunt van 2024 se fiksie is nie, dit is ook ’n hoogtepunt in Winterbach se oeuvre."

Commendatio: Jan Rabie-Rapportprys vir debuut en tweede prosawerke 2025

Bibi Slippers, Jolyn Phillips Boeke en skrywers 2025-09-27

"Dit is ’n uitsonderlike boek: verpletterend én lieflik, vol harde werklikheid én hart."

Commendatio: Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2025

Lindie Koorts Boeke en skrywers 2025-09-27

"Haar stem. Dit is haar stem wat klokhelder na jou roep."

Commendatio’s: Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2025

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2025-09-27

Lees Bibi Slippers se commendatio’s van die 2025-boekresensiewenners.

Commendatio: Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2025

Ryan Pedro Boeke en skrywers 2025-09-27

"ek en jy bestaan nie is ’n hoogtepunt in Danie Marais se oeuvre."

Commendatio: Herman Binge-filmprys 2025

Kerneels Breytenbach Boeke en skrywers 2025-09-27

"Vriende, medelesers, PJO Jonker se roman Die Onsigbare is ’n boek van hoop."

Persverklaring: Netwerk24 kykNET Rapport-pryse 2025

LitNet Boeke en skrywers 2025-09-27

"Trantraal en Africa is twee van die sewe pryswenners wat Saterdagaand 27 September 2025 op ’n glansfunksie by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad bekroon is vir skryfwerk wat gedurende 2024 verskyn het. Altesaam vyf boekpryse en twee resensiepryse met ’n totale prysgeld van R1,4 miljoen was op die spel."

Die jaar toe dit gemmerbier gereën het deur Philip de Vos: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-09-24

"Nee, ons boeremeisie heet Katisja, en haar rum punch is gemmerbier. Die enigste ding wat dalk dieselfde is, is die wind van verandering."

Nuut by Best Books: Lees en kyk met begrip: Graad 9 AFR HT, saamgestel deur Marnel Agenbag

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-23

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in Graad 9 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns.

Nuut by Best Books: Lees en kyk met begrip: Graad 8 AFR HT, saamgestel deur Frans Mostert

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-23

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in graad 8 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. 

’n Onderhoud met Santie van der Merwe, skrywer van Weg is nie ’n plek nie

Annette Havenga, Santie van der Merwe Skrywersonderhoude 2025-09-23

"'Skryf kan ’n eensame proses wees. Dit is jy, jou verbeelding, die woorde en die storie,' vertel Santie. 'Jy moet hou van jou eie geselskap.'"

Top