Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

Wie is die naakte Boer? ’n Literêre verkenning

Izak de Vries Seminare en essays 2012-11-19

"In Afrikaans het ons romanses, hygromans, lesbiese romans en Karel Schoeman se steriele romans. Daar is talle vorme van seks in ons letterkunde waarin die Afrikaner, die Boerin of die Afrikaanse haarself kan eien."

YouTube-onderhoud: Chris Nelson

2012-11-16 Chris Nelson gesels oor sy akademiese agtergrond, loopbaan en demokrasie en demokratisering in Suid-Afrika. Hy verduidelik die verskillende faktore wat demokratisering in Afrika beïnvloed en waarom die demokratiseringsproses in Afrika nie as ’n suksesverhaal van betekenis beskou kan word nie.

LitNet Akademies-gespreksruimte: Lestie Hughes gesels met Martina Viljoen

Lestie Hughes, Martina Viljoen 2012-11-15 Lestie Hughes gesels met Martina Viljoen oor haar LitNet Akademies-artikel “‘Tussen stasies’: ’n Aanwending van die stylfiguur van die trein in die Afrikaanse musiekvideo”

Om die Rubicon vir US as inklusiewe Afrikaansmedium-universiteit oor te steek

Koos du Toit 2012-11-14 Dit wil voorkom asof die groei en toekoms van US intiem gekoppel word aan die aantal niewit studente. Wat is met die oog op die toekoms van US die belangrikste, die kwessie van sy taalmedium van onderrig en navorsing, of die ras/kleur van sy studente?

Interdissiplinêre konferensie oor bruin identiteit by die Beyers Naudé Sentrum

2012-11-14 'n Interdissiplinêre konferensie oor bruin identiteit word aangebied deur die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie, Stellenbosch. Die konferensie vind plaas op 30 November en 1 Desember 2012 en is oop vir die publiek. Die registrasiegeld is R100 (R30 vir studente).

Die AHi gee prakties gestalte aan die noodkreet om ekonomiese vryheid!

Christo van der Rheede 2012-11-13 "Die Marikana-tragedie het die aandag opnuut gefokus op die delikate sosio-ekonomiese en politieke dinamika waarin Suid-Afrika vasgevang is." Christo van der Rheede vertel van 2012 by die AHi.

YouTube-onderhoud: Awie Greeff

2012-11-07 Awie Greeff gesels oor sy en Estelle Roodt se LitNet Akademies-artikel "Ma's se persepsies van hoe afknouery gesinne beïnvloed". Hy fokus veral op die funksionering van gesinne, die voorkoms van afknouery en die effek van boelie-gedrag op gesinne.

Sensus 2011

Theodorus du Plessis, Naomi Meyer 2012-11-06 "Ek dink dit wys dat Afrikaanssprekendes nog nie heeltemal deur die ANC-gedrewe angliseringsgolf oorspoel is nie, omdat ’n betekenisvolle aantal mense nog bereid is om hulle met Afrikaans te identifiseer." Theo du Plessis oor die taalstatistiek.

Notas oor "zef"

Etienne Viviers 2012-11-02

"Die onlangse bohaai oor Die Antwoord se “Fatty Boom Boom”-musiekvideo het sekere gedagtes rondom die estetika van zef by my aangewakker."

Is Afrikaans besig om ’n swart-taal te word?

Jaco 2012-11-01 "Dit is bemoedigend om wel te verneem dat ‘n aansienlike aantal swartes nou Afrikaans as hulle huistaal beskou."

YouTube-onderhoud: Carine Janse van Rensburg

2012-10-31 Carine Janse van Rensburg gesels oor haar akademiese agtergrond, loopbaan en die mistieke in die digkuns van Sheila Cussons. Sy kom tot die gevolgtrekking dat die mistieke ’n integrale deel van Sheila Cussons se oeuvre uitmaak.

LT-Afrikaans: Kom laat ons praat!

Cecilia van der Merwe, Naomi Meyer 2012-10-23 "Siende dat LTA se visie is om Afrikaans as 'n taal te bevorder, gesels ons gewoonlik met ander Afrikaanssprekendes oor sake wat tipies van toepassing is op die Afrikaner."

Foto's: Karoo Book | Boek Bonanza

Naomi Bruwer 2012-10-18 Die Karoo Book | Boek Bonanza het Sondagaand 14 Oktober op Beaufort-Wes plaasgevind as deel van die Tweede Karoo Ontwikkelingskonferensie. Boekbekendstellings deur 'n verskeidenheid skrywers is voorafgegaan deur 'n paneelbespreking oor Letterkunde en die ekologie, geborg en aangebied deur LitNet Akademies.

Marikana: Wat sê die arbeidsreg?

Stefan van Eck, Mareesa Kreuser Academic research 2012-10-10

"By Marikana is ’n presedent geskep waar werkers sonder die hulp van die dominante vakbond en hul erkenningsooreenkoms, buite die raamwerk van die WAV, deur middel van ’n impulsiewe, onbeskermde en gewelddadige staking gunstige loonverhogings beding het."

Eish! The succession is with us again

FM Lucky Mathebula 2012-10-09 "As the murky road to Mangaung assumes a character of a dog-eats-dog fight, unlike a pig that eats its offspring, the ANC needs to demonstrate that its known resilience is equally fit to withstand conditions of legality, 'ruling-party-ness' and incumbency."

LitNet Akademies (Regte): Linda Schoeman-Malan gesels met George Pelser en Christa Rautenbach

Linda Schoeman-Malan, George Pelser, Christa Rautenbach 2012-10-08 Linda Schoeman-Malan gesels met George Pelser en Christa Rautenbach oor hulle LitNet Akademies-artikel "Begrafnisregte in die konteks van die Afrika-gewoontereg en die rol van die testamentopsteller".

Ouers is medeverantwoordelik vir die bekamping van afknouery

Corene de Wet 2012-10-03 Corene de Wet reageer op Estelle Roodt en Awie Greeff se LitNet Akademies-artikel "Ma’s se persepsies van hoe afknouery gesinne beïnvloed".

Lank lewe die Arwantyne!: Elzette Steenkamp gesels met Eben van Renen oor Afrikaanse wetenskapfiksie

Elzette Steenkamp, Eben van Renen 2012-09-27 LitNet het behoorlik wetenskapfiksie-koors! Elzette Steenkamp het met die Afrikaanse WF-skrywer Eben van Renen gesels oor sy nuwe boek, die stand van wetenskapfiksie en fantasie in Afrikaans en die gebruik van hoofletters.

LitNet Akademies: Jannie Pretorius reageer op Suzanne Bester en Dorothea Steenkamp se kommentaar oor sy waarderende artikel oor Emme-Lancia Faro

Jannie Pretorius 2012-09-25 Jannie Pretorius reageer op Suzanne Bester en Dorothea Steenkamp se kommentaar op sy LitNet Akademies-artikel "’n Positiewe profiel van ’n buitengewone hoofmeisie as rolmodel: Emme-Lancia Veronique Faro van die Sekondêre Meisieskool Oranje".

SBA Voorsittersrede September 2012: Maak drome werklikheid

Dirk Brand 2012-09-21 Dr DJ Brand, Voorsitter van die SBA, het sy Voorsittersrede by die SBA se jaarvergadering op 14 September 2012 gelewer.
Top