In memoriam
Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.
On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.
Huldeblyk: Nico Carstens, musikale genie
2016-11-17"Komponis, trekklaviervirtuoos, rockster. Zen. Hy was ‘n onortodokse buitestander wat terselfdertyd sentraal staan in populêre Afrikaanse musiek."
Oor Jans Rautenbach se Jannie Totsiens
2016-11-14"Jannie Totsiens, die geheime Jannie Totsiens, was die droomwêreld van Uysie se begraafplaas wat uiteindelik soos 'n teaterstel van onder opgerys het vir die wêreld om te sien."
NB-Uitgewers-huldeblyk: In memoriam, Johan Smit (1943–2016)
2016-11-14"Die vriendelike en nederige geaardheid van Johan Smit sal allerweë in kerklike kringe, maar ook in die skrywerswêreld gemis word."
In memoriam: Leonard Cohen
2016-11-11"En die stem het stil geword. En die stem sal nooit stil word nie."
NB-Uitgewers bring hulde aan Dot Serfontein | NB Publishers honours Dot Serfontein
2016-11-08"Serfontein het uit ’n sterk geslag Afrikaanse vroue gekom ..." | "Serfontein came from a strong generation of women ..."
Dot Serfontein: 30 April 1925 – 4 November 2016
2016-11-08"Haar beste werk sal as herinnering bly van iemand wat die kosbaarheid van die geskrewe woord nie onderskat het nie en dit haar lewensroeping gemaak het om skryfwerk van kwaliteit, en hartswarm leesgoed na te laat."
Oom Jans, die kelnerin en die subteks
2016-11-04"So het Oom ook ‘n fliek hier? Watse flieks het Oom al gemaak?"
Jans Rautenbach (1936–2016)
2016-11-03"In al sy rolprente het hy die medium gebruik vir sy persoonlike wêreldbeskouing en het hy vrae gestel oor wie en wat die Afrikaner is."
ATKV groet Nico Carstens
2016-11-02Die ATKV wil sy medelye betoon aan familie en vriende van Nico Carstens in dié hartseertyd.
In memoriam: Sybil Sands
2016-11-02"Meegevoel met die talle wie se lewens sy aangeraak het. Wie se lewens sy kon ophelder met ‘n ster tot die sterre – dié wat sy help maak het, dié wat sy waardeer het en dié vir wie sy geskyn het."
Besonderhede: Dankdiens vir Piet du Toit
2016-10-24Die dankdiens vir Piet du Toit, afgetrede dosent aan die Universiteit Stellenbosch, vind plaas op Dinsdag 25 Oktober.
Besonderhede: Dankdiens vir Jaco Botha
2016-10-24'n Dankdiens vir Jaco Botha word op Saterdag 29 Oktober om 11:00 te Worcester Christen Gemeente, Baringstraat 68, Worcester, gehou.
‘n Country song vir Jack
2016-10-20"Ek maak my oë toe. Daar staan Jack, kaalvoet in daardie vroegsomermiddag in ‘n straat in Melville."
In memoriam: Jannie Earle
2016-10-14"Hy het indringende mensekennis gehad en kon mense se motiewe in moeilike situasies raak opsom. Hy was trouens ook van plan om hom ná sy aftrede by die Taalraad opnuut toe te wy aan traumaberading, wat vir hom ‘n eerste liefde was."
Huldeblyk: Jannie Earle, Taalraad-sekretaris
2016-10-14"Jannie Earle was 'n toegewyde amptenaar van die Taalraad wie se gelyke ons moeilik sal kry as dit kom by werkywer en opoffering."
In memoriam: Otto Jaekel Liebenberg (16 Augustus 1950 – 24 September 2016)
2016-09-27"Teen 1987 word hy, nadat Nienaber afgetree het, die nuwe kurator van die museum. In hierdie hoedanigheid het Liebenberg letterlik ’n leeftyd in diens van die wêreld van die Afrikaanse boek gehad."
In memoriam: Bonaventure Hinwood, OFM (1930–2016)
2016-09-14"Diegene wat die voorreg gehad het om hom as priester, digter en/of persoonlike vriend te ken, se lewens is aangeraak deur sy geloof, sy sagmoedigheid, sy goedheid en goedgesindheid teenoor alle mense, en deur sy formidabele intellek."
Kô lat ons sing Adam Small
2016-07-21"Small se huldigingsgeleentheid is gekenmerk deur gelag, sang en dans. 'Laat dié vermoë vir jou ʼn skild word teen die bitterheid,' skryf hy voor in sy digbundel Kitaar my kruis wat hy opgedra het aan Jannie wat alreeds lag."
NB-Uitgewers: Margaret Bakkes oorlede (1931–2016)
2016-07-04"Dit was vir NB-Uitgewers ’n voorreg om oor baie jare Margaret Bakkes se werk te kon publiseer, en ons treur oor haar heengaan."
