In memoriam

Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.

On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.

'n Huldeblyk aan Freda Linde: Die smaak van suringwortels

Danie Botha 2013-05-02 "Ek onthou Freda Linde as ’n heel voorbeeldige skrywer. So mooi dankbaar."

Rus in vrede, Pine Pienaar

Jason Lloyd 2013-04-30 "Pine Pienaar (55), voormalige DA-lid van die Oos-Kaapse wetgewer, wat onlangs na ’n lang stryd teen kanker oorlede is, was in vele opsigte ’n beter mens as die konvensionele politikus."

In Memoriam: Carl Mischke

Joan Hambidge 2013-04-22

"Ingeperk, ja geskaad,

maar met ’n locus standi"


Freda Linde (1915–2013)

Amanda Botha 2013-04-09 "Haar nalatenskap is groot en gewaardeerd – dit verteenwoordig die beste werk in hierdie genres wat in Afrikaans gelewer is."

Morkel van Tonder 1923–2013

Cor Nortjé 2013-03-28 "Sy grootste gawe was dalk sy uitsonderlike vermoë om sy eie taal te praat - suiwer, idiomaties, kleurryk, vlot, met die vonkel in sy oog van ’n towenaar wat vir kinders ’n haas uit ’n hoed trek."

In Memoriam: Mandy Rossouw

Waldimar Pelser 2013-03-13 "Sy is onvervangbaar. Nou begin die proses van so sterk probeer wees soos wat Mandy was."

'n Brief aan Gerrit Brand op die Sondag van die Laaste Oordeel

Johann Rossouw 2013-03-11 "’n Kwarteeu. Dis ’n kwarteeu sedert ons mekaar in die teologieklas by Tukkies as eerstejaars leer ken het."

Gerrit Brand (1970–2013)

Pieter Duvenage 2013-03-08 'n Begrafnisdiens vir Gerrit Brand vind plaas op Saterdagoggend 9 Maart 2013 om 10:00 in die NG Moederkerk Stellenbosch.

Gerrit Brand – 'n huldeblyk

George Claassen 2013-03-07 "Brand was ’n intellektueel wat hom nie die stilswye laat oplê het nie; ’n kritiese denker wat in al sy studies net met die hoogste lof geslaag het, ook aan die Universiteit van Utrecht in Nederland, waar hy sy doktorsgraad in teologie behaal het."

Gerrit Brand: 'n Huldeblyk

Robert Vosloo 2013-03-07 "Maar Gerrit was ook in ’n teologiese sin ’n taal- en woordmens. Vir hom is teologiese refleksie ten diepste taalmatig, en dra dit ’n gesprekskarakter."

Aan Gerrit Brand – namens die Afrikaanse Taalraad

Jacques van der Elst 2013-03-07 "Die verlies is groot vir die ATR – maar baie groter is die verlies vir sy gesin, sy eggenote en kinders."

In Memoriam: Gerrit Brand

Vincent Brümmer 2013-03-06 "Van hom kon ons ’n belangrike bydrae tot die vernuwing van die sistematiese teologie in Suid-Afrika en ook internasionaal verwag het."

'n Brief aan my vriend Gerrit Brand

Christo van der Rheede 2013-03-06 "Terloops, dra ook my groete oor aan wyle Neville Alexander en Jakes Gerwel as jy hulle iewers in die wandelgange van die hiernamaals raakloop. En moenie te veel tob oor die TAAL nie ... Ons mis julle."

Gerrit Brand (27.06.1970 – 05.03.2013)

2013-03-05 Gerrit Brand, oud-medewerker van LitNet, is oorlede. Hy is op 27 Junie 1970 gebore en het op 5 Maart 2013 gesterf.

Pieter W Grobbelaar: 25/12/1930 – 19/01/2013

Matilda Burden 2013-02-06 "Met sy reuse-intellek, ongelooflike algemene kennis, droë humorsin en bowenal sy diepgaande vakkennis het Pieter W Grobbelaar nie net boeke en artikels geskryf nie, maar ook jongmense help vorm wat op húlle beurt weer bydraes kon lewer, en sodoende ’n rimpeleffek uitgestuur wat nog lank sal bly uitkring."

Stil, daar gaan 'n man verby - Louis Luyt

Yuri Thumbran 2013-02-04 "Ondanks mense se sieninge, was Louis Luyt ‘n reus in die Suid-Afrikaanse samelewing. Sakeman, rugbybaas, politikus …"

Top 12 2012: Menings

2012-12-19 Hieroor het opinies op LitNet gedurende 2012 ontvlam ...

In Memoriam: Jakes Gerwel

Jason Lloyd 2012-12-07 "Die ontydige dood van Jakes Gerwel is ’n geweldige slag vir die hele land, maar veral vir sy gemeenskap – die bruin mense."

Gert Johannes (Jakes) Gerwel: 18 Januarie 1946 – 28 November 2012

2012-12-03 "Die nuus was nie onverwags nie. Net voordat Ivor Price, die Monitor-joernalis, op Woensdagoggend 28 November 2012 ’n raps na ses gebel het, het Survivor, ons kat, ’n tortelduif gevang en haar prooi onder ’n struik ingesleep. Skrywers en letterkundiges sou ietwat meer betekenis aan so ’n toevalligheid geheg het, want katte is immers in talle kulture die draers van simboliese waardes: enigmaties, intelligent, onafhanklik, afsydig ..."

PEN Afrikaans neem afskeid van Jakes Gerwel

2012-11-29 PEN Afrikaans hou ’n "wake" vir Jakes Gerwel in Pretoria waar vriende en bekendes saam kan afskeid neem van hom.
Top