Musiek

KlankKas is jou gig-gids en musiektuiste.
KlankKas is your gig guide and music fix.

Foto's: The Plastics by Assembly

Henry Cloete 2012-11-23 Foto's van The Plastics se optrede in Assembly.

MK MVP-video's binnekort vrygestel

Chrizane Geldenhuys, Stephan Potgieter 2012-11-21 Die derde MK Musiekvideoprojek-wenners se video’s word Donderdagaand die 22ste November in Kaapstad bekendgestel. LitNet het met MK se inhoudsbestuurder, Stephan Potgieter, gesels oor die proses en dít waarna ons later hierdie week kan uitsien.

KykNET Musiek ondersteun die plaaslike musiekbedryf

Chrizane Geldenhuys, Stephan Potgieter 2012-11-21 As jy mal is oor Afrikaanse musiek, kan jy nou inskakel op DSTV se kanaal 146. KykNET het op 13 November ’n eksklusief Afrikaanse musiekkanaal geloods. Ons het by Stephan Potgieter, KykNET Musiek se inhoudsbestuurder, gaan hoor hoekom die kanaal gróót nuus is.

Pierre Greeff oor Die Heuwels Fantasties se Alles Wat Mal Is

Henry Cloete, Pierre Greeff 2012-11-20 "Ek dink ons skryf maar wat ookal ons voel op die stadium wanneer die liedjies gemaak word ... dis rêrig soos om ’n spieël op te hou in terme van wat jy dink op daardie stadium."

Die fluitspeler van Hamelin besoek Riversdal

2012-11-19 Die fluitspeler van Hamelin is ’n klassieke verhaal wat opnuut afgestof word. Definitief ’n moet-sien produksie vir jonk en oud! Met Zorada Temmingh (orrel), Niël Rademan (sang en voorlesing) Teks: Phillip de Vos.

Kersfees tussen die instrumente

2012-11-16 Musiekhaus W Heuer en Niël Rademan Produksies bied aan: Kersfees tussen die instrumente.

Tien jaar later

Erns Grundling 2012-11-14 "Wat my eerder bybly, is die stortvloed e-pos-huldeblyke wat hulle ure na Kerkorrel se dood in die SêNet-inboks aangemeld het."

Waar Ralph die Kaapse platteland leer ken het ...

Albert Maritz 2012-11-14 "Ek begin lees toe in die koerante van die twee ouens - Kerkorrel en Kombuis – wat so verban word met hul opspraakwekkende musiek."

Musiekvideo's – the good, the bad, the ugly ...

Chutney de Ridder 2012-11-13 Voordat The Buggles se weergawe van “Video Killed the Radio Star” op 1 Augustus 1981 as die heel eerste musiekvideo op die nuwe MTV-kanaal uitgesaai is, was musiek en gepaardgaande beelde basies kort rolprente van kunstenaars, regstreekse opnames op ’n verhoog of in ’n ateljee.

Die bokser

Albert du Plessis 2012-11-13 "Op so ’n reënerige aand kom klop Jahn aan ons voordeur. ’n Mediumgrootte kartonboks met al sy aardse besittings onder die arm. Papnat gereën. In sy oë is die uitdagende reguit kyk van familiebloed wat dikker as reënwater in ons harte klop."

Oor Pete Townshend, Peter Gabriel en meer

Kerneels Breytenbach 2012-11-13 "Die gedagte wat ek toe vandeesweek moes leer aanvaar, is dat daardie selfversekering wat so uit die rubrieke gestraal het, net ’n front was. Die man daaragter was diep onseker van homself en sy rol binne die konteks van populêre musiek."

Bouwer Bosch oor Straatligkinders se Konings met Verskonings

Henry Cloete, Bouwer Bosch 2012-11-13 "Ons wil liedjies skryf wat ons help om te oorleef, emosioneel en finansieel. Ons gooi nie Bybels in die moshpits by ons shows nie en ons probeer ook niemand verander van ons vriende wat nie soos ons voel nie."

SêNet-kompetisie: Johannes Kerkorrel – 10 jaar van onthou

Naomi Bruwer 2012-11-12 Uit eerbetoon aan hierdie groot stem en ikoon, bied LitNet aan twee lesers  die geleentheid om ’n kopie van Willem Pretorius se Kerkorrel te wen.

’n Kennismaking met Johannes Kerkorrel ná die maal

Henry Cloete 2012-11-12 "Hoeveel woorde in 'Sit dit af' sou verander moes word om dit relevant vir vandag te maak? Baie min, sou ek dink; basies net die name van PW en Pik na Zuma en ... Kgalema?"

’n Jägermeister vir Kerkorrel

Pieter Steyn 2012-11-12 "Met ’n galopperende hart vra ek die klankman of hulle 'Sit dit af' het. My gunsteling-Johannes-song."

In die land van Kammalielie

Anna Davel, Naomi Meyer 2012-11-06 "Ek bôgom byvoorbeeld soos ‘n histeriese apie op een van die liedjies wat gaan oor ‘n besoek aan die dieretuin. Die klankingenieur het ‘n paar keer bekommerd in my rigting gekyk terwyl ek so gebôgom het!" Anna Davel vertel van haar toonsettings van Jaco Jacobs se gedigte.

Luna Paige se Storielied vat vlam

Henry Cloete, Luna Paige 2012-11-02 "Mense het nog altyd vir my gesê die recordings klink nie soos dit live klink nie ... Dit is hoekom ek die live CD wou doen."

Oor Therion, Glen Hansard, Diana Krall, AC Newman en Donald Fagen

Kerneels Breytenbach 2012-10-31 "Dit is asof mens skielik in die hemel is. Donald Fagen het nou al vier solo-plate gemaak sedert die ontbinding van Steely Dan."

Wanneer die musiek te veel raak

Albert du Plessis 2012-10-31 "Jou ma se sielkundige sal vir jou sê jy ly aan depressie. O ja? En van wanneer af is ’n groenteboer se versugting na kreatiwiteit ’n simptoom van depressie?"

Lede van Zinkplaat vertel van 10 jaar se musiekmaak

Henry Cloete, Beer Adriaanse, Bertie Coetzee, Basson Laubscher, Beitel van der Merwe 2012-10-31 "Ek hoop mense onthou ons as ’n klomp ouens wat uit verskillende agtergronde bymekaar gekom het en musiek gemaak het vir die liefde van die saak, wat altyd ons eie ding gedoen het, teen die stroom geswem het, en ons bes probeer het om eerlik te wees in wat ons speel en sing."
Top