The Rolling Stones – GRRR!

  • 0

Daar was ’n tyd, laat in die jare sestig, toe ek gedink het die Rolling Stones is oor die muur. Wat anders kon mens dink na ’n klompie “sagte” liedjies (“Ruby Tuesday”, “We love you”, “Dandelion”), die berugte hof-sports oor dwelms, en Their Satanic Majesties Request?

Laasgenoemde was hul poging om ’n mededinger vir die Beatles se Sg. Pepper’s Lonely Hearts Club Band  te skep, en dit was ’n aansienlike teleurstelling. Maar wonder bo wonder het hulle herstel: Beggar’s Banquet, Let It Bleed en Sticky Fingers het hulle by die slaggate waarin die Beatles getrap het, laat verbystorm.

Destyds het die Britse musiekkoerantjies NME en Melody Maker nog berig dat die Stones hul loopbaan gered het met “Jumpin’ Jack Flash” …

Hulle het oorleef, ondanks sommige baie stoute persoonlike gewoontes, en vandag kan ons in CD-winkels instap om GRRR! te koop – die stel van drie CD’s waarmee die groep hul 50ste verjaarsdag herdenk.

As ’n mens al die tumult in Keith Richards ignoreer, het daar in die laaste twintig van daardie vyftig jaar nie geweldig baie gebeur nie. Trouens, ná Exile on Main Street (1972) het hulle bitter selde iets nuuts toegevoeg tot rockmusiek se skatkis buiten. natuurlik. eindelose herskikkings om aan die eise van die tyd te voldoen. Die Stones het – soos ook die Beach Boys – aan die gang gebly deur ’n parodie van hulself te word.

Van die drie CD’s is die eerste vir my die bevredigendste – al is dit net omdat die CD die musiek bevat van ’n groep wat nog hard gesoek het na ’n eie styl en so na aan die Amerikaanse blues probeer bly het as moontlik. Die snitte is:

CD 1
1.  Come On
2.  Not Fade Away
3.  It's All Over Now
4.  Little Red Rooster
5.  The Last Time
6.  (I Can't Get No) Satisfaction
7.  Time Is On My Side
8.  Get Off My Cloud
9.  Heart Of Stone
10.  19th Nervous Breakdown
11.  As Tears Go By
12.  Paint It, Black
13.  Under My Thumb
14.  Have You Seen Your Mother, Baby, Standing In The Shadow?
15.  Ruby Tuesday
16.  Let's Spend The Night Together
17.  We Love You.

Hiervan wil ek ’n paar videogrepe aangee:

“Not Fade Away”

“It’s All Over Now”

“Little Red Rooster”

“Under My Thumb”

“We Love You”

Op soek na hierdie videogrepe kom ek toe ook af op ’n opname van die Amerikaanse TV-program TAMI, waartydens die groep van hul vroeë musiek speel, en skitterend, absoluut opwindend. Jan and Dean is die twee sterre wat hulle in die begin bekend stel. Ek wonder hoekom nie al hierdie liedjies op GRRR! is nie:

Die tweede CD bevat van hul beste musiek uit die tweede fase van hul loopbaan, maar hier is dit eerder ’n geval van wat weggelaat is eerder as wat ingesluit is. Geen “Sister Morphine” nie, ook nie “Rip This Joint” nie. En dis maar net twee van die afwesige skatte.

Die hele CD bevat:

CD 2
1.  Jumpin' Jack Flash
2.  Honky Tonk Women
3.  Sympathy For The Devil
4.  You Can't Always Get What You Want
5.  Gimme Shelter
6.  Street Fighting Man
7.  Wild Horses
8.  She's A Rainbow
9.  Brown Sugar
10.  Happy
11.  Tumbling Dice
12.  Angie
13.  Rocks Off
14.  Doo Doo Doo Doo Doo (Heartbreaker)
15.  It's Only Rock 'n' Roll
16.  Fool To Cry.

Hiervan is daar ook ’n paar interessante snitte wat ’n mens ’n visuele rekord bied van die groep se veranderende aangesig, asook van die diepte wat daar skielik in hul musiek is. Die hoogtepunt vir my hier is “Fool To Cry”, waarop Mick Jagger vanuit die niet ’n pragtige falsetto-stem haal.

“Jumpin’ Jack Flash”

“Street Fighting Man”

“Wild Horses”

“Fool To Cry”

Die derde CD is vir my ’n taamlike teleurstelling. Die eerste vyf snitte verdien om daar te wees, die res is oorbodig.

CD 3
1.  Miss You
2.  Respectable
3.  Beast Of Burden
4.  Emotional Rescue
5.  Start Me Up
6.  Waiting On A Friend
7.  Undercover Of The Night
8.  She Was Hot
9.  Streets Of Love
10.  Harlem Shuffle
11.  Mixed Emotions
12.  Highwire
13.  Love Is Strong
14.  Anybody Seen My Baby?
15.  Don't Stop
16.  Doom And Gloom
17.  One More Shot.

Dit is interessant om Jagger se maniërismes dop te hou, hoe dit al hoe meer ambivalent word en later oorspoel in koggelry. Gedagtig aan die dinge wat Richards in sy outobiografie verklap, is dit ook baie interessant om te sien hoeveel kameratyd aan Jagger afgestaan word, en hoe min aan Richards. En die ander lede, nou ja …

“Respectable”

“Beast of Burden”

“Start Me Up”

Soos ’n mens seker kon verwag, is die laaste keer dat die Stones iets openlik opstandigs gedoen het, die liedjie “Cocksucker Blues” (1970), wat nie op GRRR! ingesluit is nie. Niks keer ons om dié rebelse daad (dit was teen die platemaatskappy Decca gemik) te gedenk nie:

“Cocksucker Blues”

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top