Die fluitspeler van Hamelin besoek Riversdal

  • 2

Met Zorada Temmingh (orrel), Niël Rademan (sang en voorlesing) Teks: Phillip de Vos.

Hierdie unieke produksie beloof om ’n fees vir enige musiek- en woordkunsliefhebber te wees. Dié nuutgeskrewe teks deur die woordvirtuoos, Philip de Vos, is speels en kwinkslagtig en word deur die sanger-akteur Niël Rademan voorgedra met musikale ondersteuning deur die gevierde orrel-improvisateur, Zorada Temmingh. Rademan en Zorada Temmingh word beide wyd geroem vir die feit dat hulle klassieke kuns op ’n toeganklike wyse aanbied sonder om enige integriteit in te boet. Die fluitspeler van Hamelin is ’n klassieke verhaal wat opnuut afgestof word. Definitief ’n moet-sien produksie vir jonk en oud!

Plek: Riversdal NG Wes-kerk
Datum: 28 November
Tyd: 19:00
Kaartjies: R50
Besprekings: 028 713 1350

  • 2

Kommentaar

  • Cecilia Olivier

    Dagsê, ek moet hierdie drama met die leerlinge doen in 2021. Het iemand vir my die drama (geskrewe vorm) vir graad 9: Letterkunde. Groot asseblief.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top