KKNK Dramaweb SA 2022-finaliste aangekondig!

LitNet KKNK 2022-06-11

Hierdie leerders se video-inskrywings is sorgvuldig uit honderde in dié gewilde aanlyn dramakompetisie gekies, en finaliste sal mekaar die verhoogstryd aansê in die nasionale finaal tydens ’n regstreekse uitsending op Saterdag 18 Junie 2022 op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se YouTube-kanaal en webwerf.

Persverklaring:  Teksmark wag vir jóú verhoogteks

LitNet KKNK 2022-05-31

Teksidees word in alle genres oorweeg, maar komedie, satiriese tekste en tekste gemik op kinders en jong volwassenes word veral aangemoedig. Só ook word voorstelle in alle amptelike Suid-Afrikaanse tale oorweeg en veeltalige produksies word aangemoedig.

Persverklaring: KKNK 2022 visuele kunsuitstalling nou aanlyn beskikbaar

LitNet KKNK 2022-04-28

Die derde KKNK virtuele galery neem kunsliefhebbers deur al die vertrekke van die Prince Vintcent-gebou in Oudtshoorn, waar die KKNK 2022 visuele kuns uitgestal is.

Persverklaring: KKNK2022 se Kannapryswenners bekend

LitNet KKNK 2022-04-23

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se Kannapryse, wat erkenning aan produksies en individue vir uitnemende bydraes tot die fees gee, is op 22 April by ’n swierige geleentheid by M-Studios in Philadelphia, Kaapstad aangebied.

Persverklaring: Fantastiese pryse op die spel by derde KKNK Dramaweb SA

LitNet KKNK 2022-04-13

Jongmense wat hul toneelspelvernuf wil slyp én heerlike pryse van meer as R50 000 in totaal wil wen, kan steeds inskryf vir die derde aanlyn KKNK Dramaweb SA-kompetisie.

Persverklaring: KKNK 2022 se Kanna-benoemdes bekend

LitNet KKNK 2022-04-05

Die 26ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) is vanaf 29 Maart tot 3 April 2022 op Oudtshoorn aangebied. Die Kanna-pryse, ’n toekenningsgeleentheid wat tradisioneel na afloop van die fees erkenning gee aan uitsonderlike kreatiewe bydraes tydens die fees, vind weer plaas op Vrydag, 22 April 2022, in Kaapstad. 

KKNK 2022: ’n Fees van baie trane en dankbaarheid (vir tannie Geraldine en oom George)

Nadine Petrick KKNK 2022-04-05

"Dis moeilik om hoogtepunte uit te sonder in ’n week waar als en almal so emosioneel gelaai en in dieselfde asem so vatbaar vir normaliteit en beauty was."

KKNK 2022: ’n onderhoud met Loki en Margot Rothman

Yolanda du Toit, Loki Rothman, Margot Rothman KKNK 2022-03-28

"Musiek is die basis van ’n samekoms. Al is dit by ’n braai of ’n dans. Musiek bring mense nog altyd nader aan mekaar."

Elna se Boekstories by KKNK beloof diep genot vir boekwurms

Melt Myburgh, Elna van der Merwe Onderhoude 2022-03-28

Elna van der Merwe, samesteller van die KKNK se Boekstories tydens die fees wat van 29 Maart tot 3 April 2022 op Oudtshoorn plaasvind, vertel vir Melt Myburgh van hoogtepunte op vanjaar se program.

KKNK 2022: ’n onderhoud met Hugo Theart, artistieke direkteur van Kunste Onbeperk

Yolanda du Toit, Hugo Theart KKNK 2022-03-28

"En dit is die fokus. ’n Viering van ’n terugkeer na in-persoon feeste. En ’n viering van die ongelooflike talent wat ons het."

KKNK 2022: ’n onderhoud met Fanie Viljoen

Yolanda du Toit, Fanie Viljoen KKNK 2022-03-28

"Ek sien baie uit na die KKNK. My laaste optrede by ’n fees was die Woordfees van 2020. Kort daarna het die inperking begin. Ons skrywers en kunstenaars gaan soos hase wees wat uit hul gate losgelaat is!"

Persverklaring: KKNK2022 bied bekostigbare en gratis vermaak vir die hele gesin

LitNet KKNK 2022-03-16

Daar is gratis aktiwiteite wat aangebied word vanaf 10:00 tot 15:00 elke dag, met uitstaande kinderproduksies.

Persverklaring: Wat behels die KKNK 2022 se inentingsmandaat?

LitNet KKNK 2022-03-08

“Die KKNK volstaan by die toepassing van ’n inentingsmandaat ten goede van alle betrokkenes. Ons gee egter terselfdertyd die versekering dat oningeënte persone nié weggewys sal word nie, mits hulle aan die voorwaardes en bepalings voldoen soos vervat in die mandaat.”

Persverklaring: KKNK se feesprogram bekendgestel

LitNet KKNK 2022-03-02

Kaartjieverkope open op Donderdag 3 Maart, en verblyf is beskikbaar deur LekkeSlaap.

Wen, wen, wen met derde Dramaweb SA!

LitNet KKNK 2022-02-17

"Suid-Afrika se jong akteurs wat aan vanjaar se derde Dramaweb SA aanlyn kompetisie gaan deelneem, moet veters vasmaak en hare agteroor kam, want die pryse vir 2022 se talentkompetisie gaan hul soos ’n stormwind tref!"

Inskrywings vir derde Dramaweb SA open

LitNet KKNK 2022-02-17

Suid-Afrika se jong akteurs wat hul talent wil slyp en landswyd teen hul eweknieë wil deelneem, kan binnekort vir die derde Dramaweb SA aanlyn kompetisie inskryf.

KKNK vier in 2022 weer fees op Oudtshoorn

LitNet KKNK 2022-01-31

"Ons is baie opgewonde en staan gereed om feesgangers en kunstenaars van ver en wyd op Oudtshoorn te verwelkom en te vermaak. Soos oudergewoonte by alle byeenkomste gaan streng Covid-19-maatreëls toegepas word."

Gratis KKNK-vermaak in oorvloed om die nuwe jaar te vier

LitNet KKNK 2022-01-17

"Ons bied hope gratis inhoud wat feesgangers in die gemak van hul eie huise en op hul eie tyd kan geniet," vertel Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK.

Persverklaring: Vier van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se vlagskipdramas op VIA te sien

LitNet TV 2021-11-28

VIA is opgewonde om vir die eerste keer vier van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se vlagskipdramas op die kanaal uit te saai.

21 nuwe tekste word vanjaar by Teksmark voorgelê

LitNet KKNK 2021-11-15

Belangstellendes kan Teksmark bywoon deur hul plek aanlyn te bespreek. Maar omdat spasie beperk is as gevolg van COVID-19-protokol wat streng gevolg word, sal die sessies ook regstreeks gestroom word.

Top