Musiekvideo: Van Der Aven se “Slaap jy al”
2023-03-03Die gewilde groep Van Der Aven het pas ’n video uitgereik vir die liedjie “Slaap jy al”.
Persverklaring: Langenhoven 150, Loeloeraai 100 by vanjaar se KKNK!
2023-02-28Langenhoven is in 1873 gebore, 150 jaar gelede. CJ Langenhoven se Loeloeraai is in 1923 gepubliseer. Dit is 100 jaar gelede. Die Langenhoven Gedenkfonds vier vanjaar hierdie dubbele mylpaal tydens die KKNK in Oudtshoorn. Toegang is gratis.
Persverklaring: Afval by die KKNK en die Suidoosterfees
2023-02-28Die Van der Merwes lyk soos ’n doodnormale middeljarige paartjie, daar is net een kinkel in die kabel … Johan van der Merwe is ’n reeksmoordenaar.
Persverklaring: Vyf uitskieters word vanjaar deur die KKNK vereer
2023-02-28’n Formidabele akteur. Twee jong stemme. ’n Kunstenaar wat internasionaal naam gemaak het. ’n Radio-legende. Vyf uitskieters in hulle onderskeie velde word vanjaar deur die KKNK vereer.
Persverklaring: Opelugmusiekkonserte keer terug na die KKNK
2023-02-23Ses groot opelugmusiekkonserte word vanjaar by die KKNK aangebied om die post-pandemie-vryheid behoorlik te vier.
Persverklaring: Beleef die hele ketoetie by die 27ste KKNK
2023-02-08Die hele ketoetie – allésaam! Dít is wat feesgangers van Saterdag 1 tot Sondag 9 April by die 27ste KKNK, geborg deur Absa, op Oudtshoorn kan verwag.
Persverklaring: KKNK-produksies ryg talle Fiësta-nominasies in
2023-02-08Teater- en musiekproduksies wat in 2022 op Oudtshoorn te sien was, sorg vanjaar vir meer as die helfte van die nominasies vir kykNET Fiësta-toekennings.
Persverklaring: Maak solank gereed vir feesvier in die Klein Karoo
2022-12-20Oudtshoorn trek in 2023 sy feesklere vir nege dae aan wanneer die 27ste KKNK, geborg deur Absa, van Saterdag 1 tot Sondag 9 April aangebied word.
Persverklaring: Tien tekste uit KKNK Teksmark word verder ontwikkel
2022-09-27Teksmark is van 24 tot 26 Augustus by die Baxterteater in Kaapstad aangebied en kon gratis deur belangstellendes bygewoon word. Altesaam 22 skrywers het hul teksidees voorgelê en 90 akteurs en regisseurs het deelgeneem om uittreksels uit elk van die tekste as leesteater aan te bied.
Persverklaring: Karatara by die Baxter
2022-09-06Karatara vertel die verhaal van die verwoestende Knysna-brande in 2018. Op die 29ste Oktober van daardie jaar word ’n klein dorpie verswelg in ’n vlammehel. Die inwoners het bykans al hulle besittings verloor, sommige hul lewens.
Persverklaring: Programvoorstelle vir KKNK 2023 ingewag
2022-08-25Die 27ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) word van 1 tot 9 April 2023 op Oudtshoorn aangebied en programvoorstelle vir dié fees word ingewag.
Persverklaring: Teksidees weer vanjaar “te koop” by vanjaar se Teksmark
2022-08-18Die proses werk só: skrywers bied tydens Teksmark ’n voorlegging oor hul idee aan, gevolg deur ’n uittreksel wat as leesteater aangebied word, waarna ’n gesprek met insette van die rolspelers en die gehoor volg. Hierdie gehoor sluit onder andere genooide teater- en feesverteenwoordigers, sowel as moontlike beleggers en vervaardigers in.
Persverklaring: Program vir 13de Klein Karoo Klassique bekend
2022-06-22Dis wintertyd op Oudtshoorn wat beteken Klein Karoo Klassique is om die draai. Dié fees van klassieke musiek word van Vrydag 5 tot Dinsdag 9 Augustus vir die 13de keer op Oudtshoorn aangebied, met die ondersteuning van die Rupert Musiekstigting.
KKNK Dramaweb SA 2022-finaliste aangekondig!
2022-06-11Hierdie leerders se video-inskrywings is sorgvuldig uit honderde in dié gewilde aanlyn dramakompetisie gekies, en finaliste sal mekaar die verhoogstryd aansê in die nasionale finaal tydens ’n regstreekse uitsending op Saterdag 18 Junie 2022 op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se YouTube-kanaal en webwerf.
Persverklaring: Teksmark wag vir jóú verhoogteks
2022-05-31Teksidees word in alle genres oorweeg, maar komedie, satiriese tekste en tekste gemik op kinders en jong volwassenes word veral aangemoedig. Só ook word voorstelle in alle amptelike Suid-Afrikaanse tale oorweeg en veeltalige produksies word aangemoedig.
Persverklaring: KKNK 2022 visuele kunsuitstalling nou aanlyn beskikbaar
2022-04-28Die derde KKNK virtuele galery neem kunsliefhebbers deur al die vertrekke van die Prince Vintcent-gebou in Oudtshoorn, waar die KKNK 2022 visuele kuns uitgestal is.
Persverklaring: KKNK2022 se Kannapryswenners bekend
2022-04-23Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se Kannapryse, wat erkenning aan produksies en individue vir uitnemende bydraes tot die fees gee, is op 22 April by ’n swierige geleentheid by M-Studios in Philadelphia, Kaapstad aangebied.
Persverklaring: Fantastiese pryse op die spel by derde KKNK Dramaweb SA
2022-04-13Jongmense wat hul toneelspelvernuf wil slyp én heerlike pryse van meer as R50 000 in totaal wil wen, kan steeds inskryf vir die derde aanlyn KKNK Dramaweb SA-kompetisie.
Persverklaring: KKNK 2022 se Kanna-benoemdes bekend
2022-04-05Die 26ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) is vanaf 29 Maart tot 3 April 2022 op Oudtshoorn aangebied. Die Kanna-pryse, ’n toekenningsgeleentheid wat tradisioneel na afloop van die fees erkenning gee aan uitsonderlike kreatiewe bydraes tydens die fees, vind weer plaas op Vrydag, 22 April 2022, in Kaapstad.
KKNK 2022: ’n Fees van baie trane en dankbaarheid (vir tannie Geraldine en oom George)
2022-04-05"Dis moeilik om hoogtepunte uit te sonder in ’n week waar als en almal so emosioneel gelaai en in dieselfde asem so vatbaar vir normaliteit en beauty was."