Film

Alles oor die jongste films
Everything about the latest films

Silwerskermfees 2015: Kortfilms

Suzette Myburgh Film 2015-09-08

"Met dié soort gehalte het die Silwerskermfees in vier kort jare volwassenheid bereik. Ek meen dis tyd dat die fliekpubliek ook die voorreg kry om tydens die fees die kortfilms in deelnemende teaters te sien."

Filmresensie: That Sugar Film

Suzette Myburgh Film 2015-09-08

"As daar nou een fliek is wat almal moet gaan kyk, is dit hierdie een."

kykNET Silwerskermfees 2015: Onderhoud oor Skewe Reënboog

Wim Steytler, Naomi Meyer kykNET Portaal 2015-09-04

"Die film vertel die storie van Willem – ‘n skisoïed, vasgeknel in Reënboognasie-idealisme."

kykNET Silwerskermfees 2015: Boers at the End of the World | Boere op die aardsdrempel

Naomi Meyer, Richard Gregory kykNET Portaal 2015-08-26

"Afrikaans is fossilised there. Their idea of what it means to be Afrikaans comes from an earlier time. Interestingly, as the linguist Andries Coetzee points out in the film, this also means that they predate apartheid."

kykNET Silwerskermfees 2015: Onderhoud met Antoinette Louw

Antoinette Louw, Naomi Meyer kykNET Portaal 2015-08-25

"Want ons kan en ons het die talent. Ons hoef vir niks terug te staan nie."

Onderhoud, program en inligting: kykNET Silwerskermfees 2015

Wim Steyn, Ilza Roggeband, Naomi Meyer kykNET Portaal 2015-08-25

"Wie kan nié opgewonde raak oor ‘n filmfees in Kampsbaai nie?"

Filmresensie: While we’re young

Suzette Myburgh Film 2015-08-12

"Hierdie fliek se titel dui al op dubbelsinnigheid: we’re kan staan vir we were sowel as vir we are. Ons het hier te doen met die teenoor mekaar stel van generasies: die twintigplussers en die veertigplussers."

Quentin Krog, Ballade vir 'n enkeling-regisseur: "Die filmbedryf is ’n heel ander soort dier"

Henry Cloete Film 2015-08-04

"Terugskouend sou ek waarskynlik gehou het van dit waarvan elke regisseur in die wêreld sou hou met hul afgehandelde produkte (behalwe miskien Stanley Kubrick), en dis meer tyd."

Filmresensie: Fabergé – A life of its own

Suzette Myburgh Film 2015-07-28

"Benewens die heerlike visuele oordaad van die objects d’art – goud, silwer, edelstene en helderkleurige enemmelwerk – bied hierdie dokumentêr ’n oorsig van die Russiese sosiale en politieke geskiedenis vanaf die 1880’s tot ná die revolusie van 1917."

Filmresensie: Two days, one night

Suzette Myburgh Film 2015-07-21

"Marion Cotillard se ingehoue, onderbeklemtoonde spel, wat haar vanjaar ’n Oscar-benoeming as beste aktrise besorg het, maak hierdie film al die kyk werd."

Filmresensie: Hollywood in my huis

Suzette Myburgh Film 2015-07-21

"Wat ontvou, is ’n egte, roerende verhaal wat deur puik spel gedra word."

Charlenè Brouwer: "Ek is mal daaroor om ’n karakter te speel wat nie ek is nie"

Henry Cloete Film 2015-07-14

Aktrise oor die film Dis ek, Anna: "Ek en Niel het vir jare oor 'Anna 'se storie gepraat en ek het die storie geken as 'buitestander' voor ek die teks gelees het."

Filmresensie: Spy

Suzette Myburgh Film 2015-07-01

"Eers was daar die Bond-flieks, toe die spottery met die Bond-flieks (met Kingsmen: The Secret Service as jongste voorbeeld) en nou is daar Spy."

Corné van Rooyen gesels oor Hollywood in my huis

Henry Cloete Film 2015-06-30

"Die groot ding vir my as ’n filmmaker is dat my werk ’n unieke persoonlikheid en stem moet hê – of dit nou ’n drama, riller of ’n romcom is."

Resensie: Far from the madding crowd

Suzette Myburgh Film 2015-06-03

Ontmoet nou Thomas Hardy se Bathsheba Everdene in Far from the madding crowd (in 1874 as boek gepubliseer), ook sterk en onafhanklik, maar nie heeltemal so beginselvas nie.

Resensie: Exhibition on screen: The Impressionists – and the man who made them

Suzette Myburgh Film 2015-06-03

Hierdie film word hoog aanbeveel vir alle kunsliefhebbers.

Filmresensie: Wys Treurgrond dalk elke Suid-Afrikaner wat hy reeds glo hy weet?

Danie Marais Film 2015-05-27

"Treurgrond is uiteindelik ’n soort ontstellende Rohrschach-toets  wat jou eie oortuigings en identiteitspolitiek aan jou terug-eggo."

Interview: Darrell Roodt on Treurgrond

Darrell Roodt, Danie Marais Film 2015-05-26

Treurgrond is definitely a hot potato. Casting Steve might, as you suggested, give  the (false) impression that this is right-wing propaganda. It is not.

Treurgrond: Onderhoud met Tarryn-Tanille Prinsloo

Tarryn-Tanille Prinsloo, Naomi Meyer Film 2015-05-19

"Nee,  niemand van ons wil onder gewelddadige omstandighede leef nie. Ek dink glad nie  dat enige moord of gewelddadige aanval verhewe is bo 'n ander nie."

Filmresensie: Dear White People

Suzette Myburgh Film 2015-05-07

Die gesprek oor ras en rassisme is klaarblyklik springlewendig, en nie net hier in ons gekwelde land nie.

Top