Film
Everything about the latest films
Skermgreep: Sinners – ’n filmresensie
2025-05-05"Elke stukkie gereedskap wat film bied, word hier aangewend om ’n oorspronklike verhaal te skep waarin selfs vampierclichés ’n nuwe baadjie aantrek. Dit is oorweldigend, veral in IMAX-teaters, waar die gehoor meer as ooit tot in die hart van die dier beweeg."
Persverklaring: Aasvoëls-kortfilm gaan Cannes toe
2025-05-02Die Suid-Afrikaanse kortfilm Aasvoëls, deur die skrywer en regisseur Dian Weys, is amptelik deur die 78ste Cannes Filmfees gekies om vir die Kortfilm Palme d’Or (Goue Palm) te kompeteer. Die filmfees, wat jaarliks aan die Franse suidkus plaasvind, word as die wêreld se mees gesogte filmfees beskou.
Kwiksilwers: ’n onderhoud oor die film
2025-05-02"Die ware 'hoofkarakter' in hierdie film, Kwiksilwer, die vintage Ford Granada, is nie sommer enige kar nie. Vir Elsabe Marais (Lida Botha) is dit ’n tydkapsule vol herinneringe aan haar oorlede man, wat gereeld saam met haar avonture in dié motor aangepak het."
Katinka Heyns deur die Indiese Filmfees in Suid-Afrika vir lewensbydrae vereer: ’n onderhoud
2025-03-17"Ek was van kleins af verlief op stories."
Skermgreep: Mickey 17 – ’n filmresensie
2025-03-13"Jy moet jouself volkome oorgee aan die Suid-Koreaanse filmmaker se dol brein en siening van lewe op ’n ysplaneet, of jy moet betyds die hasepad kies."
Soos pynappel op pizza is net reg vir Valentynsdag
2025-02-13"Natuurlik begin die twee sjefs ook met mekaar gesels, en dis waarvoor die film op Valentynsdag begin draai."
Skermgreep: The brutalist – ’n filmresensie
2025-02-11"Soos There will be blood (2007) sal hierdie rolprent uiteindelik uitstaan as ’n baken in die Amerikaanse rolprentbedryf wat deesdae, veral met superheldfilms, al hoe meer vervlak. ’n Bobaas film."
Uitnodiging: Kom kuier en fliek saam met Katinka Heyns op 15 Februarie by die FAK Kaap-kantoor
2025-02-10Die FAK onthou Dalene Matthee en huldig haar groot Afrikaanse literêre nalatenskap en nooi ons FAK-lede, vriende en belangstellendes uit na ’n praatjie deur Katinka Heyns, gevolg deur die buitelugvertoning van hierdie film. Kom luister hoe sy vertel van haar ontmoetings met Dalene Matthee en die maak van Fiela se kind die rolprent.
Persverklaring: Drie plaaslike romkoms op Showmax in maand van liefde
2025-02-04Raak verlief hierdie Februarie met drie splinternuwe Showmax Original- romantiese komedies: Soos pynappel op pizza (met Schalk Bezuidenhout en Kate Pinchuck); Gebokste liefde (met Tarryn Wyngaard en Jandré le Roux); en Not my type (met Lorraine Moropa en Lulama Nyembezi).
Springmielies: Die terapeutiese waarde van oorlogsfilms
2025-01-16"Of dit nou deur persoonlike selfrefleksie of die konfrontasie van historiese trauma is, oorlogsfilms bied by wyse van katarsis en die skep van empatie ’n ruimte om genesing te fasiliteer."
Skermgreep: A real pain – ’n filmresensie
2025-01-16"Die dialoog is soos ’n gloeiende elektriese draad waar die woorde soos vonke heen en weer spring. Die kontras tussen die neefs en die wyse waarop hulle met mekaar kommunikeer is so oorbluffend natuurlik en oortuigend dat ’n mens nie kan dink dat daardie woorde in ’n draaiboek geskryf is nie."
Hier.Na op DStv Box Office: ’n onderhoud met Trudy van Rooy
2024-12-18"But ultimately what helped me uncover Fairuz and all my characters in general, was working to discover our shared humanity." Trudy van Rooy gesels met Naomi Meyer oor haar rol in die kykNET Silwerskermfees-film Hier.Na, wat vanaf 16 Desember 2024 op DStv BoxOffice vir stroming beskikbaar is.
Tabby McTat: ’n onderhoud oor die Suid-Afrikaanse animasieprent wat ’n internasionale Emmy verower het
2024-12-12Sarah Scrimgeour en Jac Hamman, regisseurs van die animasieprent Tabby McTat, ’n verwerking van Julia Donaldson en Axel Scheffler se gelyknamige prenteboek, gesels met Maryke Roberts: "Oor die algemeen probeer ons om ’n film te maak wat toeganklik is, maar nie afgewater is op enige vlak nie."
Skermgreep: Civil war
2024-12-11"Moenie verwag dat Civil war ’n sensasiebeluste geskiet en bevryding van rebelle teen die despote uitbeeld nie. Dis ’n dapper, onbevreeste kyk na ’n land waarin beheer verloor is."
Skermgreep: Conclave – ’n filmresensie
2024-11-15"Al sien jy net een rolprent vanjaar, beleef die geslote vergadering van Conclave wat die toekoms van die Katolieke Kerk kan besmet of verander of ’n revolusie teweeg gaan bring. Moenie wag dat dit later gestroom kan word nie. Hierdie stiltes moet in ’n teater beleef word."
The substance: Demi Moore is in da house!
2024-11-13"Moore dra die interne konflik en bekruipende gruwel van die verhaal se uitgangspunt meesterlik oor namate sy die gevolge van haar besluite in die gesig staar." Ignus Rademeyer skryf oor The substance, die "grootste donkerperd" vir 2025 se Oscars.
Skermgreep: Die KinoBravo-filmfees 2024 in Rusland – 'n oorsig
2024-10-11"Waarop Suid-Afrikaners veral trots kan wees, is hoe ons deur die Russe ontvang is. Alhoewel hulle natuurlik baie meer ingetoë voorkom as ons (dikwels meer flambojante) Suid-Afrikaners, het hulle steeds die Suid-Afrikaanse rolprent lank toegejuig."
Metropolar at Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: a review
2024-10-03"'What happens to a mine / When all the gold is gone?' Weaving together 35 minutes of hand-drawn animations and a spoken-word script created 10 years ago, the multimedia project Metropolar is back in the form of IIIFoet – Jotam Schoeman (animation film, guitar and vocals), Modise Sekgothe (narrator and vocals) and James Robb (sound design). The three artists come together to create a soundscape that contains the tug and pull of the interconnectedness and apartness of the South African experience and the polarities contained within the country’s most commanding metropole, Johannesburg."
Will and Harper – ’n kykersindruk
2024-09-30"Jan Alleman ontdek dat Steele eintlik ’n doodnormale mens is soos ons almal. Ek dink wel omdat Farrell is wie hy is, sal die film meer aandag geniet as ander soortgelyke produksies."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud oor Marie se laaste dag
2024-09-23"Met moontlik sensitiewe materiaal, al is dit ’n komedie, sal ek ook nooit doelbewus skok nie. Die skokfaktor is oud en goedkoop. Daar’s slimmer maniere om stories te vertel."