Fiksiekompetisies
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Fiksiekompetisies | Fiction Competitions
Fiksie- en blitsfiksiekompetisie-inskrywings.
Neem deel aan een van ons kompetisies en lees al die ander inskrywings hier.
Fiction and flash fiction competition entries.
Enter one of our competitions or read all the other entries here.
Wenner van die Sandy Schoemanprys: Die fluistertaal van blomme
2026-04-30"Sy staar met triomf na die emmers en kanne en potte vol blomme. Pers flappe, vlamlelies, bosse magrietjies, affodille, oleanders, botterblomme, krisante, twee strelitzias en een rooi hibiskus."
Vriendskap dikker as bloed
2025-06-26"Hy staar voor hom uit met dieselfde kyk in sy oë as ter dood veroordeelde gevangenes op pad na die galg. Hy het vrede gemaak dat hy gaan sterf. Vandag. Nou."
Wanneer mens dink
2025-06-26"Daar word saam gefluit aan die einde en toe sy dit vir ’n derde keer oorspeel, kyk sy afsonderlik na elke gesig voor haar, die definisie van Suid-Afrika se reënboognasie. Verskillende tale, verskillende kulture, elkeen met sy eie agtergrond, maar verenig"
Tot so ver
2025-05-02"Stella deel bladsye uit waarop sy die gedigte gedruk het. Sy wou graag met Amanda en Stef Bos begin het wat sing oor die taal van hulle harte, maar sonder ’n grootskerm gaan dit nie werk nie. Dan maar begin met die gedig uit Komrij se bundel: 'Den eerste steen van ‘t nieuwe Casteel Goede Hope heeft Wagenaar gelegt met hoop van goede Hope'."
Stienie
2025-04-24"Die groepie lag saggies. Ek besef dis vir Ruan, maar ek het nie eers gehoor wat die kind sê nie. Dit maak nie saak nie, ek weet dit was vir hom. Hy kon nog altyd mense laat lag."
Ver genoeg
2025-04-24"Toe ek egter amper by die deur is, voel ek iemand aan my arm vat. Ek ken nie die groot ou met die poniestert en ’n week oue baard nie. Nog minder hou ek van die harde vat van sy massiewe hand op my elmboog."
Sorgelose kinderjare
2025-04-24"Die skoolhoof het al die hele skool gedreig oor wat sal gebeur as hulle die kwaaddoeners vang. Die berugte toktokkiebende. Niemand verdink ons drie bleeksiele nie."
Saamskryf
2025-04-17"Ek het haar op die internet ontmoet. Nie op een van daardie webwerwe waar jy mooi mense kan ontmoet net om later uit te vind dat die meisiemens met wie jy so lekker intiem gesels eintlik die bure se dogter is nie. Nee, ek het haar tydens ’n skryfkursus op een van daardie aanlyn kunstefeeste ontmoet."
Op die punt van haar tong
2025-04-17"Ses maande na sy aankoms in Die Kaap van Goeie Hoop koop Heindrick Seitz vir hom ’n vrou. ’n Nodige belegging, skat hy, vir die lewe anderkant die Breederivier en die Swartberge wat op hom wag."
Paulus, Gary, Teboho
2025-04-17"Hy vrek van die koue. Balle-soek in Julie is nie grappies nie. Die vroeë skemer van die wintersaand is op hom."
Ouma Gesie kom weer
2025-04-17"'Is nie.' Hy beur hom verder weg met sy hande. 'Oupa Hendrik het vir Ouma Gesie op die stasie gaan haal, maar toe het sy eintlik vir hóm kom haal. Hulle is saam weg met die stoomtrein. Maar sy sê sy gaan weer kom.'"
'n Deurrit
2025-04-10"Toe daardie klop aan my deur gekom het, het dit so doodgewoon geklink. Na die vertrek van die kinders en die dood van my vrou was ek al lank genoeg op my eie om nie te sit en wag dat iemand anders die deur oopmaak nie."
Ontoerekenbaar
2025-04-10"Hy ken egter die feite wat in die wit spasies tussen die lyne van die handgeskrewe verklarings van Mouton lê. Hy kan die kolletjies verbind waartoe die ondersoekbeampte nie toegang gehad het nie."
Nie eers amper 'n volle dag nie
2025-04-10"Agnes bly verstom hoe naby Marta aan Stevan se oorlede vrou lyk. Iets wat duidelik onder Stevan se onderbewussyn drentel, maar te gevaarlik is om op te bring."
Klein botteltjie, groot gif
2025-04-10"Onder haar vloer in die slaapkamer was ’n klein vertrek wat deur haar man as ’n stoorplek gebruik is. Sy het nooit iets vermoed nie, het Henrietta vertel. Haar man, ’n pastoor, het haar vertel hy gebruik die spasie vir sy meditasies."
Evelina se bord
2025-04-03"Die wet het verander toe ek sestien jaar oud was en op papier was ons almal nou dieselfde. ’n Mens kan egter nie ’n wet in iemand se hart skryf nie. Daarvoor het jy ’n ommekeer nodig."
Hier is Lisa
2025-04-03"’n Gesig in die bed kyk my uitdagend aan. Die PhD-student. 'Wat het jy verwag? Jy is dan permanent dronk', sê Gerrit."
Skoen
2025-04-03"Pa tel Doors se skoen op in sy bruingebrande boerehande. Hy plaas dit liefderyk terug in die blink boks, vou dit in die swart sneespapier toe, kyk lank daarna. Hy sit die deksel stadig op en loop met krom skouers kas toe, maak keel skoon, druk verby my ma en bêre dit diep, diep agterin. "
Haar ander vel
2025-04-03"Die vrou tel haar slimfoon op. Sy vee die foto van die seeleeu op die strand uit. Dit is nou ver genoeg."
Ek speel vijool
2025-03-27"Skaars twee maande nadat sy met ’n bottel pryswenner-witwyn, geel rose en ’n Carol Boyes-vaas aftree, is Bella weer terug in haar onderwyspos."
