Feeste
Articles about festivals in South Africa and abroad
US Woordfees 2019: Boeke en skrywers
2018-12-06Die Woordfees het as literêre fees begin en die geskrewe en gesproke woord bly die polsende hart van die fees. In 2019 bied die Skrywersfees weer ’n verstommende verskeidenheid met hope inspirerende verhale agter al die merkwaardige ervarings en verbeeldingstogte wat in boeke uitmond. Ook op die program is ’n reeks slypskole met die sleutels tot nuwe kreatiwiteit.
US Woordfees 2019: Stand-up-komedie
2018-12-05Die stand-up-komedie is elke jaar een van die gewildste afdelings op die program en in 2019 sal feesgangers baie geleentheid kry om hul lagspiere hard te oefen.
US Woordfees 2019: Teater
2018-12-05Met die 2019-teaterprogram kan jy besluit of jy wil lag, huil, uitgedaag word, met ’n mooi storie verlei word of gekonfronteer word met dít waarvan jy dalk nie veel weet nie.
US Woordfees 2019: Leefstyl
2018-12-05By die 2019 US Woordfees is daar aanbiedings wat jy eenvoudig móét proe.
US Woordfees 2019: Filmfees
2018-12-04Die US Woordfees se 2019 Filmfeesprogram sal jou opgewonde laat oor die verskeidenheid en gehalte van Suid-Afrikaanse filmkuns.
US Woordfees 2019: Klassieke musiek
2018-12-04Die Klassieke Musiek-program spog met van die wêreld se voorste kunstenaars – almal op ’n verhoog in Stellenbosch.
Aardklop wéér genomineer vir kykNET Fiëstas: Fees van die Jaar
2018-12-04Aardklop 2018 het pas ’n benoeming ontvang vir ’n kykNET Fiëstas: Fees van die Jaar-toekenning.
Video: Tom Lanoye en Antoinette Kellerman lees voor uit Koningin Lear
2018-11-29Tom Lanoye se drama Koningin Lear word volgende jaar by die 25ste KKNK vertoon. Dit is vir die fees in Afrikaans vertaal. Lanoye en Antoinette Kellerman het by die feesbekendstelling uit die Vlaamse en Afrikaanse tekste voorgelees.
Foto's: KKNK25 word bekendgestel
2018-11-29Die KKNK word in 2019 vir die 25ste keer aangebied. Hierdie mylpaal is Sondag by die indrukwekkende Norval-stigting in Tokai gevier. By dié geleentheid is teruggekyk oor die afgelope 25 jaar en is vier belangrike rolspelers in die kunstebedryf vereer.
Persverklaring: Aardklop-direksie, nuwe voorsitter aangewys
2018-11-21"Fika Janse van Rensburg, voormalige NWU-Adjunkhoof en Adjunk-visekanselier: Potchefstroomkampus Bedryf, is verkies as die nuwe voorsitter van Aardklop Nasionale Kunstefees se direksie."
US Woordfees-programbekendstelling: Marga Stoffer oor die voorgestelde kopiereg-wysigingswetsontwerp
2018-11-19"Die enkeles wat behoorlik vergoed word vir hulle werk, is dié wat gelukkig genoeg is om tekste te hê wat in skole gebruik word. Maar die wetsontwerp maak dit nou vir die Departement van Basiese Onderwys moontlik om opvoedkundige materiaal sonder die toestemming van skrywers, en sonder vergoeding aan hulle, te gebruik."
Hierdie skrywers het die US Woordfees Kortverhaalbundel 2019 gehaal
2018-11-16Baie geluk aan die 25 skrywers van die verhale wat in die US Woordfeesbundel vir 2019 opgeneem gaan word!
Die 2019 US Woordfeesprogram word met ’n deurnagpartytjie bekendgestel
2018-11-12Op die aand van 16 November word ’n hele dansende karnaval van fees-apies uit die mou gelaat by die 2019 US Woordfeesprogrambekendstelling op Stellenbosch. Die bekendstellingsmakietie met musiek, poësie, stand-up, toneel, dans en films vind plaas in die HB Thomteater. Dit begin om 22:00 en hou aan tot die volgende oggend 5:30 se kant. Kaartjies te koop by Computicket.
Inderdaad feestelik by Prince Albert Leesfees
2018-11-09"Die fokus is stewig op boeke en leeswerk. In daardie opsig weerstaan hulle nog die versoeking wat soveel ander feeste tref om dit in ’n verskeidenheidskonsert te probeer omskep. Hierdie fees vergeet nie dat hulle probeer om lesers tevrede te stel nie."
Persvrystelling: Die land se top-spellers in Afrikaans is Noord-Kapenaars
2018-10-22"In die nasionale eindronde van die 2018 Sanlam WOW Spelfees wat op Saterdag 20 Oktober in Stellenbosch gehou is, het die Noord-Kaap nege van die wenners opgelewer, terwyl agt Wes-Kapenaars onder die top-30 was."
Persvrystelling: Spelkampioene maak gereed vir die eindronde van die nasionale Sanlam WOW Spelfees
2018-10-15"Meer as 300 leerders van 129 skole dwarsoor Suid-Afrika het gekwalifiseer vir die eindronde van die Sanlam WOW Spelfees 2018, wat op 20 Oktober by die Universiteit Stellenbosch plaasvind."
Aardklop 2018: Swerfgoed, onbesonge kultusteater
2018-10-11"Swerfgoed verdien die applous wat dit nooit gekry het nie. En tog kry ’n mens die idee dat dit die betrokkenes min skeel. Soos dit ware kultusteater betaam."
PEN Afrikaans by die Tuin van Digters
2018-10-11"ConVerse beoog om gesprek aan te wakker oor poësie en dit wat in die verlede as die norm vir poësie voorgestel is. Gesprekke rondom veeltaligheid, vertaling en dit wat nie maklik vertaal kan word nie, word ook deur die bundel belig."
Aardklop 2018 – ’n oorsig
2018-10-09"Is teater, en daarmee saam die kunstefeeste in Suid-Afrika, ’n spieëlbeeld van dít wat in ons samelewing aangaan? Is die kwessies wat nuwe dramas aanspreek, dit wat ons dink, oor bekommerd is, oor praat? Ons diepste versugtinge? Indien wel, dan is daar, te oordeel aan die toneelstukke wat vanjaar by Aardklop op die planke was, twee dinge wat voorop in ons gedagtes is ..."
Aardklop-toekennings 2018: Wenners bekendgemaak
2018-10-05"Na hierdie Aardklop-week, van grootse teater en selfs groter diepte voel ons verander, verbeter, verryk. Geluk aan al die kunsmakers, teatermakers en vermakers!"
