PRH/LAPA-Uitgewersportaal
On the 1st of July 2013, Penguin Random House became the first truly global trade book publisher. Unifying two of the most famous names in publishing, the Penguin Random House stable of writers includes more than 70 Nobel Prize laureates and hundreds of the world's most widely read and best-loved authors. It employs over 10,500 people globally across almost 250 editorially and creatively independent, imprints and publishing houses, who collectively publish more than 15,000 new titles annually. LAPA is ’n afdeling van Penguin Random House South Africa. Penguin Random House South Africa | Contact PRH SA |
’n Noodvlug vir Rusty deur Jaco Versfeld: ’n resensie
2025-07-23"Ek was aangenaam verras toe ek die naam van ’n manlike skrywer op ’n Romanza-voorblad sien. Natuurlik lees mans ook Romanzas, al sal van hulle dit dalk ontken."
Pasverskyn: Kinders se spinnekoppe van Suider-Afrika deur Rudi Steenkamp
2025-07-23Hoe haal ek nou asem? deur Cliffordene Norton: ’n resensie
2025-07-22"Hoe haal ek nou asem? is ’n geslaagde jeugroman wat op vertederende wyse die dood van ’n ouer ondersoek."
Mal oor jou deur El Bester: ’n resensie
2025-07-21"Die skrywer het [...] die gulde geleentheid tot ’n bevredigende klimaks en ontknoping deur haar vingers laat glip. Dit is steeds lekker leesstof, maar dit kon sóveel méér gewees het. Baie lesers sal dalk nie eens besef dat daar moontlikhede in die storie is wat nie ontgin is nie."
Haar grootmensliefde deur Cynthia Robertson: ’n resensie
2025-07-21"Die held en heldin móét by mekaar uitkom. Romanza-skrywers se onmiskenbare kreatiwiteit om oorspronklike tussenin-stories uit te dink verras my keer op keer, veral omdat dit alles in net sowat 180 bladsye moet gebeur."
Nuut by Lapa: Perdewêreld 2: Mieke en die skouperde deur Heléne Booyens
2025-07-15Is jy reg om te skou? Mieke is nie. Mieke en haar perd, Spook, pas baie goed bymekaar. Hulle is albei stresballe. En nou is dit skoutyd! Gaan Mieke die vlegsels, vlaggies, nuwe vriende en ou vyande oorleef? (Dalk.)
Nuut by Lapa: Perdewêreld 1: Dezi en die wegholperde deur Heléne Booyens
2025-07-15Welkom op Patatland! Hier is nie perde nie. Dezi is baie lief vir perde. Maar dan word sy uit haar ryskool geskors. Nou hang sy maar net rond tussen die patats op haar ouma se plaas. Is dit die einde van haar perdestorie? (Nee.)
Nuut by Lapa: Afrikanerkind – Boerestories deur Wendy Maartens
2025-07-15Afrikanerkind – Boerestories is ’n versameling ware kinderstories wat die lewens van Boerekinders oor bykans twee eeue van Suid-Afrikaanse geskiedenis vertel. Elke verhaal fokus op kinders wat buitengewone dinge gedoen het onder moeilike omstandighede.
Nuut by Lapa: Suurlemoen! deur Jaco Jacobs
2025-07-15Daar is ’n paar basiese reëls wanneer jy jou eerste band begin … 1. Besluit vooraf watter soort musiek julle wil maak. 2. Neem jou tyd om lede vir jou band te kies. 3. Moenie op iemand in jou eie band verlief raak nie. Ons het al die reëls oortree …
Pasverskyn: Bloedblou deur Jan Vermeulen
2025-07-08Kya Rothman het nog altyd haar diamanthalssnoer as haar kosbaarste besitting beskou. Haar ouers het dit met haar geboorte vir haar gegee, en die legende sê dat dit vervloek is. Kya het nooit veel waarde aan die stories geheg nie, selfs nie toe haar ma die dag ná haar geboorte oorlede is nie – die dag nadat haar pa die diamant gekoop het. Maar wanneer haar pa vals beskuldig word van die moord op sy beste vriend en hul lewens in duie stort, begin Kya wonder of daar dalk meer aan die legende is as wat sy gedink het.
Hoe haal ek nou asem?: ’n onderhoud met Cliffordene Norton
2025-07-04"Ons was een oggend besig om ’n kamer uit te pak. Ek het boeke van een plek na ’n ander gedra, toe ’n seun op ’n huis se dak in my gedagtes verskyn."
Pasverskyn: Hoe haal ek nou asem? deur Cliffordene Norton
2025-07-03Meer oor Zuléka Smit, beter bekend onder die kleintjies as Tannie Ben
2025-06-19"Haar passie en liefde vir kinders is duidelik sigbaar soos haar oë skitter, en is ook hoorbaar in haar borrelende stem."
Boekevat met Deborah: The Nicotine Gospel deur Sven Axelrad en Canary deur Onke Mazibuko
2025-06-19Deborah Steinmair skryf in hierdie aflewering van haar boekrubrieke oor twee boeke – "een oor die soeke na betekenis via ’n kankerstokkie en een oor ’n fluitjieblaser wat op sy baadjie kry".
Twee boeke oor die leuens wat wit mense glo: ’n resensie
2025-06-18"Ek wens ek kon Evans se boek in daardie man se hand stop voordat sy haat en vrees op geweld uitloop. Maar bowenal wens ek hy wil Mitchell se boek lees, en hom afvra of hy homself nie in een van die jongmanne herken nie, in sy denke en ook sy woorde."
Heil die Leser!: Pandora se kruik en ander euwels
2025-06-12"Pandora is ’n uiters genietlike en toeganklike roman. Spruyt verras as sosiale kommentator par excellence. Sy takel bogenoemde ongemaklike en belangrike geopolitieke brandpunte kaalvuis, ’n subteks wat nie die verhaallyn verswaar nie, maar eerder as slim metatekstuele kommentaar ’n boeiende kwaliteit aan die roman verleen."
Lees- en leerpret met Bollie: ’n resensie
2025-05-22"Die Bollie-werkboeke bied bo en behalwe kosbare aktiwiteite om letter- en syfervaardighede aan te leer, baie geleenthede om skryfvaardighede te oefen en vas te lê. En Bollie-aanhangers van weleer kan ontspan. Met Wendy Maartens as vertaler, is Bollie in veilige hande."
Nuut by Lapa: Kwaailappies: Stories oor Afrikaans se komvandaan deur Ronel van Oort
2025-05-15Hierdie boek sal vir kinders ’n omvattende, maar maklik leesbare geskiedenis van Afrikaans se taalontwikkeling gee. Die taal se lang geskiedenis – wat reeds lank voor die VOC se aankoms aan die suidpunt van Afrika begin – word sorgvuldig nagevolg en met deeglike navorsing ondersteun. Die boek is verdeel in ses hoofstukke wat elk deur middel van ’n storie vertel word. Hierdie geskiedenis sal vir kinders lewe!
Pasverskyn: Jakkals en Wolf 2: Nog 6 stories van twee geliefde skarminkels deur Wendy Maartens
2025-05-15Afrikaanse kinders word al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf. Nou is daar ’n tweede bundel met nog meer opwindende avonture van hierdie twee geliefde skarminkels. In hierdie nuwe versameling van ses stories probeer Jakkals en Wolf steeds om mekaar uit te oorlê, maar bly steeds die beste maats.
Heil die Leser! Sameer Rawjee: KI in perspektief
2025-05-13"Taking the anxiety out of AI kon nie tydiger gekom het nie. Sameer Rawjee is ’n sober stem in die robuuste gesprek rondom kunsmatige intelligensie; hy is veral bekend vir sy vermoë om komplekse KI-konsepte aan ’n wyer gehoor te verduidelik."