Skole

KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.

Is ons die kinders van komete?

George Claassen 2012-08-30 "Een van die sterkste teorieë wat oor ’n wye front aanvaar word, is dat stof- en ysdeeltjies van komete en chemiese elemente in meteoriete in die eerste miljard jaar van die aarde se bestaan, toe die planeet deur buiteruimtelike voorwerpe gebombardeer is, die oerbestanddele vir lewe geskep het."

Spitsberaad oor onderwys: ’n verslag

2012-08-29 "Daar is ’n sosiaal-politieke tydbom aan die ontwikkel. Sonder kwalifikasies en voldoende skoling is die jeug tot werkloosheid gedoem, wat sal veroorsaak dat hulle ’n probleem raak vir die samelewing."

ATKV: Jongmense sê hul sê in Afrikaans

2012-08-23 Die wenners van die ATKV-Redenaars- en Debatskompetisie word bekendgestel.

Logiese liefde (en ander gedigte)

Christel van der Linde 2012-08-20 "Jy is die lyngrafiek wat deur
my hart loop ..."

“Unlock the room that you are”: LitNet’s first Youth Indaba a success.

Menán van Heerden 2012-08-16 Photos from LitNet's first Youth Indaba, held at the Karoo Writer's Festival. 

Engele om ons

Simone van Loggerenberg 2012-08-13 "Ek het die vrou uit my gedagtes uitgeskakel, want ek kon nie die vreemde gevoel omtrent haar verstaan nie. Teen die volgende week het ek dit reggekry om heeltemal van haar te vergeet. Tot een stormagtige Vrydagoggend."

Studieberading: Oefentekkies vir jou brein!

Elzette Steenkamp, Lucia Brand 2012-08-09 "Hoe meer inligting daar aan die brein verskaf word, en hoe meer take aangepak word deur hierdie modaliteite (met ’n ontspanne ingesteldheid), hoe meer gebruik die brein sy eie intelligensie om te groei."

Riglyne: Kuberklas Kreatief

2012-08-09 Lees die riglyne vir voorleggings hier.

Help ons skool, asseblief!

SJ Adonis 2012-08-06 "Ons is in die proses om ons skoolbiblioteek van die grond af toe te rus. Ons leesvlakke van veral Graad 8- en 9-leerders is kommerwekkend. Ons benodig dringend hulp met boeke en befondsing ..."

Kennisgewing: SBA en ATKV se Onderwysspitsberaad

2012-08-03 "Onderwys in Suid-Afrika is tydens die pas afgelope spitsberaad van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) in Bellville-Suid, aangebied in samewerking met die ATKV, vergelyk met ’n terminaal siek pasiënt in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal, gekoppel aan ’n asemhalingsapparaat wat dit nog net kunsmatig aan die lewe hou."

Dertien wapens teen onsinverkopers

George Claassen 2012-08-02 "Ons bring twaalf jaar van ons kort lewe op die skoolbanke deur, sterk onder die invloed van onderwysers wat ons verstand kan vorm, stuur en manipuleer om feitlik enigiets te glo."

Wen wiskundeboeke van Pearson: wenner aangekondig

2012-08-02 Die wenner van Pearson se wiskundeboeke word aangekondig.

Suid-Afrikaanse onderwys in krisis

Danie van Wyk 2012-08-02 Lees Danie van Wyk se bydrae tot die Onderwysspitsberaad wat op 28 Julie 2012 te Athlone Skool vir Blindes plaasgevind het. Hierdie spitsberaad is aangebied deur die SBA en die ATKV.

Hoop vir jou kunssinnige kind – visuele wiskunde

Henna Schwartz, Naomi Meyer, Charmaine van der Merwe 2012-08-02 Daar is leerders wat eerder hou van ’n verfkwas as ’n wiskunde-sakrekenaar. Hoe gemaak as hulle die vak wiskunde moet deurkom? Naomi Meyer hoor by Henna Schwartz en Charmaine van der Merwe van ’n ander benadering tot wiskunde.

Elzette Steenkamp gesels met Phil-Marié Roberts oor die Rapport Onderwysfonds

Elzette Steenkamp 2012-07-31 Elzette Steenkamp gesels met Phil-Marié Roberts, die bemarkingsbestuurder van die Rapport Onderwysfonds.

Wiskunde-vraestelle: Graad 12, November 2011

2012-07-31 Tyd vir Wiskunde-hersiening? Kry ál Einstein se kennis met die Afrikaanstalige vraestelle en memorandums van 2011 se November-eksamens.

Wenners van die Nasionale Skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, Skrywers 2012, bekend

2012-07-26 Daar bestaan 'n skole- en senior afdeling van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging. Die wenners van die vereniging se nasionale skryfwedstryd, Skrywers 2012, is nou bekend.

BSV-Slypskool vanjaar met rillerskrywer Francois Bloemhof

2012-07-26 "Wil jy stories skryf wat lesers se nekhare laat rys? Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging bied vanjaar op Saterdag, 25 Augustus 2012 om 8:00 – 15:00 in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Pres Brandstraat, Bloemfontein die jaarlikse BSV Slypskool vir ontluikende skrywers aan onder leiding van die gewilde rillerskrywer, Francois Bloemhof."

SBA en ATKV: Spitsberaad oor onderwys

2012-07-25 Die spitsberaad oor onderwys vind op Saterdag 28 Julie 2012 in die ouditorium van die Athlone Skool vir Blindes, Athlonestraat, Beroma, Bellville-Suid plaas.

Om die porieë van die lewe te kan raaksien

George Claassen 2012-07-19 "Vra maar die mediese navorsers wat reeds meer as drie dekades lank stry om die slim MI-virus te uitoorlê en ’n teenvoeter vir die dodelike vigs te kry waarheen die virus onvermydelik op pad is as dit eers vastrapplek in die mens gekry het: Dis evolusie, daagliks, voor ons oë aan die gebeur."
Top