"Philippolis": 'n gedig deur die veertienjarige Terry Botha

  • 1

Philippolis

Jou voete los diep spore in die grond
  met jou voete loop jy orals rond. 
Die stof sien jy van ver nader beweeg
deur die Karoodorp se paaie, dolleeg. 
Jy loop oor ’n klein wit brug met ’n dun stroompie wat onderdeur rol.
Dis amper winter maar steeds is daar bome in die hoofstraat, vol.

Die geblaf van ’n hond kan gehoor word soos jy deur die paaie van die Karoodorp wandel. 
Jy loop verby die skriba se kantoor en hoor hoe sy en die dominee onderhandel.
Oom Piet se sproeiers besproei sy groen tuin
met die sonlig wat daarop skyn.

Tannie Karin sit op haar stoep en lees die Huisgenoot
met ’n koppie vol kruietee op haar skoot.
Oubaas die hond is almal se gunsteling straatbrak
hy is daar doer in Kokstraat en grou in ’n sak.
Die kerkklok se geraas eggo deur die strate.

Dis een-uur en tyd vir middagete.
 Oom Gerhard is mos op ’n dieet van slegs neute.
Soos jy terugstap na jou huis
ruik jy tannie Wilma se soet-en-suur hoender en rys.
 By die huis gaan sit jy by die tafel, en wanneer jou brood bedien word
kan jy almal hoor stories
uitrafel ...

 

  • 1

Kommentaar

  • Barend van der Merwe
    Barend van der Merwe

    Maggies, ja nee, dit is 'n dorpie wat mens se hart steel. En ek het lekker gelees aan jou vers.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top