Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Theuns Eloff

Freek Robinson, Theuns Eloff Onderhoude 2022-01-20

Freek Robinson gesels met Theuns Eloff, voorsitter van die Trust vir Afrikaanse Onderwys, oor opwindende inisiatiewe rakende moedertaalonderrig binne die openbareskoolstelsel, asook in onafhanklike en aanlyn skole.

Uitnodiging: Virtuele geskiedenissimposium, 28 Januarie 2022

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-01-20

Jy word uitgenooi na ’n virtuele geskiedenissimposium, aangebied deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, op Vrydag 28 Januarie 2022. Die tema is "Geskiedskrywing in die 'Nuwe Suid-Afrika'".

Graad 5: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-01-18

Is jy in graad 5 en is vanjaar die jaar wat jy Wiskunde onder die knie gaan kry? LitNet kan help! Lee-Ann West het 'n vraestel en memo opgestel waarmee jy die splinternuwe werk kan oefen.

Persverklaring: Terug skool toe met LAPA en Penguin

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2022-01-18

"Ons hoop almal van julle het ’n heerlike blaaskans gehad en dat die nuwe jaar minder drama en meer boeke sal bring; minder pandemies en meer stories."

Johannes Chrusostomus se pedagogiese eksegese: Die geval van die toring van Babel (Gen. 11:1–9)

Chris L de Wet LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-01-11

"Daar is in hierdie artikel getoon dat Chrusostomus se eksegese ’n onmisbare pedagogiese aard weerspieël. Hy stel minder belang in groot teologiese kwessies soos die Drie-eenheid. Hy probeer eerder om aan sy gehoor praktiese riglyne en waarskuwings te gee oor hoe hulle moet dink en hulself gedra."

’n Ontleding van nostalgiegedrewe advertensies in Suid-Afrikaanse tydskrifte

Adéle Kotzé, Angelique van Niekerk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-01-04

"Alhoewel die onderskeie tipes objektivering verteenwoordigend in die advertensie-ontledings voorkom, is die voorkoms van emosionele objektivering opmerklik en begryplik, aangesien nostalgiegedrewe advertensies hoofsaaklik op die emosies van persone in die teikenmark inspeel."

Kuberklas Kreatief: Sonsondergang

Terry Terblanche Botha Kuberklas Kreatief 2021-12-22

Terry Terblanche is sestien jaar oud en deel ’n gedig met LitNet.

Afrikaans: ’n Tydlyn vir skole

Menán van Heerden Menings 2021-12-22

Wat was die eerste Afrikaanse group chat-komedie? Wanneer is die eerste Afrikaanse radiosepie uitgesaai? Watter Afrikaanse rockgroep se album het eerste die beste verkoop op iTunes in Suid-Afrika? Wat was die eerste Afrikaanse hip-hop-lied? Wanneer is terminologiese woordeboeke oor rugby, skoenlappers en kragontwikkeling publiseer? Menán van Heerden is deur Hoërskool Stellenbosch gevra om ’n geskiedkundige tydlyn oor Afrikaans saam te stel. 

Medisyne vir die siel

Marochel Barnard Kuberklas Kreatief 2021-12-20

"Vincent van Gogh het geel verf geëet. Hy het vas geglo dat geel ’n gelukkige kleur is en dat as hy dit gaan eet, hy van binne af gelukkig gaan wees. Ek het nooit gedink dat iemand so ongelukkig kan wees dat selfs die idee om die mure van jou organe geel te verf sodat alles beter sal voel deur jou kop sal gaan nie."

Die oorsprong van die (Hollands-)Afrikaanse joernalistiek, die tydsgewrig, en Abraham Faure as pionier

Lizette Rabe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-12-17

"Abraham Faure was skynbaar die regte persoon op die regte tyd op die regte plek. Verskeie bronne beskryf hom as ’n Renaissance-mens wat, hoewel klein van postuur, ’n groter as groot figuur in sy tyd aan die Kaap was."

’n Veelkantige besinning oor eutanasie

Jaco Beyers LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-12-15

"’n Balans is belangrik: beskerm die lewe, maar moenie die dood verhinder nie. Om uitvoering daaraan te gee, sal daar besin moet word oor wat die swaarste weeg: die reg om te lewe of die reg om te sterwe."

Wiskunde, graad 7: Vraestel en memo (vierde kwartaal)

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2021-12-14

Moenie dat die Wiskunde jou uitvang nie! Wees soos Einstein en oefen met LitNet se hersieningsvraestelle. Hier is vir oulaas vraestelle vir graad 7-leerders, opgestel deur Lee-Ann West. Onthou sommer ook om dit volgende jaar te gebruik! En daar is baie ander vraestelle wat jy gratis van LitNet kan aflaai.

Struikelblokke in kruislinguistiese en -kulturele pediatriese spraak-taalterapie en strategieë vir die bevordering van kultuurveilige praktyke: ’n omvangsbepaling

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-14

"In ’n kultureel en linguisties diverse land soos Suid-Afrika bestaan daar ’n belangrike behoefte om spraak-taalterapiedienste te lewer wat kultuurveilig van aard is."

Toespraak deur Marlene le Roux tydens die ontvangs van ʼn eredoktorsgraad in die Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch

Marlene le Roux Akademies en skole 2021-12-13

"Al is ek gebore as ʼn arbeiderskind wat boonop gestremd gelaat is nadat ek op die ouderdom van drie maande polio opgedoen het, was dit ʼn groot voorreg dat die mense om my geglo het in opvoeding. Hoe bevoorreg was ek nie dat ek my opvoeding in my moedertaal, Afrikaans, ontvang het nie."

Speech by Marlene le Roux during the acceptance of an honorary doctorate degree in Education at Stellenbosch University

Marlene le Roux Opinion 2021-12-13

"I accept this on behalf of so many disadvantaged women, persons with disabilities and also people who have no voice in life. I started my life in what can be seen as a cycle where you are born into poverty and would ultimately die in poverty."

Die mistieke soos dit neerslag vind in "Christ of the burnt men" van Sheila Cussons

Elizabeth van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-12-13

"Die bevinding is dat 'Christ of the burnt men' ’n uitmuntende voorbeeld van ’n mistieke gedig is waarin Cussons nie alleen daarin slaag om haar belewenis aangrypend uit te beeld nie, maar ook die leser mee te voer om self deel aan haar goddelike ervaring te kan hê."

Ontgroening in skole: ’n ondersoek na gewilde diskoerse

Eduard Potgieter, Lynette Jacobs, Corene de Wet LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-13

"Solank as wat leerders, opvoeders en ouers ontgroening toelaat en klem op die sogenaamde voordele van ontgroening lê, sal die magsiklus en magsvergrype van ontgroening onder die dekmantel van tradisie en spanbou voortleef."

"Solank ek leef, sal ek Hom aanroep": ’n Ondersoek na die teologiese bedoeling van Psalm 116

Fanie Snyman LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-12-10

"Die psalms in die algemeen, en Psalm 116 in die besonder, is werd om gelees te word as poësie, gebid te word as gebede en gesing te word soos wat gelowiges vir eeue al doen, juis en veral in uitdagende tye soos die huidige pandemie wat nou al vir meer as 15 maande die lewens van talle mense intens ontwrig."

Uitnodiging: 51ste NP Van Wyk Louw-gedenklesing

LitNet Akademies en skole 2021-12-10

Jy word hartlik uitgenooi na die 51ste NP Van Wyk Louw-gedenklesing wat op 10 Desember 2021 op DStv uitgesaai word. Heindrich Wyngaard en Karen de Wet gesels oor die onderwerp "Nuwe verse vir ’n nuwe millennium".

Die gemarginaliseerde posisionering van onderwysers by ’n spesiale skool in Kaapstad deur neoliberale bestuurspraktyke

Elzahn Rinquest LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-08

"Die bevindinge en gevolgtrekkings in hierdie studie bied ’n blik op die veelvuldige realiteite waarvoor onderwysers te staan kom wat die KABV vir ’n uiteenlopende groep studente in inklusiewe klaskamerruimtes, hetsy by hoofstroom-, voldiens- of spesiale skole, moet aanbied."

Top