Bo-Kaap: bewaarde erfenis

  • 0

Verlede week Donderdag het die Kaapstadse metroraad aan die Bo-Kaap munisipale erfenisbeskerming toegeken.

Die Bo-Kaap, Kaapstad se oudste oorlewende woongebied, gaan amptelik ’n erfenisbeskermingsone word sodra dit in die Provinsiale Staatskoerant aangekondig word. 

Luidens ’n artikel:

The Muslim neighbourhood has been marked as an official Heritage Protection Overlay Zone (HPOZ), a system the City uses in its zoning scheme to provide protection and manage development in spaces the city identifies as heritage spots.

......................................

Kitsfeite oor die Bo-Kaap en Arabiese Afrikaans:

......................................

◊ In 1658 het die VOC slawe na die Kaap gebring; so het die eerste groep Moslems in die Kaap aangekom. Die Bo-Kaap se oorwegend Moslem-gemeenskap was teen die 1930’s goed gevestig.
 
◊ Volgens Achmat Davids is Arabiese Afrikaans die Kaapse Moslem-variëteit van Kaapse Afrikaans (’n gekreoliseerde Nederlands) wat in Arabiese skrif geskryf is. Teen 1815 het Afrikaans Maleis as die onderrigtaal in Moslemskole (madrassas) vervang, en teen die 1840’s was Arabiese Afrikaans in hierdie skole goed gevestig as onderrigmedium.
 

“Protect Bo-Kaap heritage status now!”

“Save our heritage! #bokaapmatters”

 
◊ In 1793 het Tuan Guru die eerste Moslemskool (Dorp Street Madrasah, Bo-Kaap) gestig. Hy was die eerste imam van hierdie eerste opvoedkundige instelling van die Kaapse Moslems. Hy het gevolglik die eerste moskee, die Auwal-moskee, in 1795 gestig weens die groei in studentegetalle. Die skool en moskee was die eerste instellings van die Kaapse Moslem-gemeenskap. Teen 1842 was Islam die godsdiens van ’n derde van die bevolking in Kaapstad.
 
◊ Tuan Guru is begrawe in die Tana Baru-begraafplaas in die Bo-Kaap. Tana Baru is die oudste Moslem-begraafplaas. Ook Abu Bakr Effendi is hier begrawe.
 

......................................

Wie was Abu Bakr Effendi:  

......................................

Abu Bakr Effendi, ’n teoloog gebore in Turkse Koerdistan, het Uiteensetting van die  godsdiens geskryf. Hierdie 1869-teks is ’n Kaaps-Hollandse vertaling van Bayān al-Dīn (Exposition of the religion) en is binne die Kaapse Moslem-gemeenskap versprei. Effendi is in 1862 deur die Kaapse regering na die Kaap gebring as ’n godsdienstige raadgewer (rakende meningsverskille tussen plaaslike imams in die Kaapse howe). Effendi se boek is die eerste gepubliseerde Arabiese Afrikaanse boek. Hierdie boek is in 1869 voltooi en in 1877 in Turkye gedruk.  
 

......................................

Wie was Tuan Guru: 

......................................

Tuan Guru, ’n prins van die Ternate-eilande in Oos-Indonesië, is in 1780 as politieke banneling na die Kaap gebring. Hy was vir 13 jaar ’n gevangene op Robbeneiland (in die 1770’s het hy die sogenaamde Nederlandse indringers in Indonesië teengestaan). Tydens sy aanhouding het hy die Koran uit sy geheue geskryf. Hy het ook ’n manuskrip in 1781 hier saamgestel: die Ma`rifat al-Islām wa ’l-Imān was die hoofhandboek van die eerste Moslemskool en was ’n prominente godsdienstige teks onder die Kaapse Moslem-gemeenskap tydens die 19de eeu.  
 
......................................

Bronne

......................................

Lees meningsartikels en gedigte oor die Bo-Kaap uit die LitNet-argief: 

......................................

Die Bo-Kaap: my erfenis

Wat gat nou an, Bo-Kaap?

Baai baai, Bo-Kaap

Die Bo-Kaap: Arabiese Afrikaans en die Kaapse Moslemgemeenskap

......................................

Lees ook:

......................................

Die Afrikaans van die Kaapse Moslems (Achmat Davids): Bekendstellingstoespraak

Fotoblad: Die Afrikaans van die Kaapse Moslems-bekendstelling

Onderhoud: Waar het die spoor van Afrikaans as onderrigtaal begin?

Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo 2018: fotogalery

Die vrystelling van slawe: 1 Desember 1834

Afrikaans: 10 kitsfeite

Afrikaans: the language of dissent

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top