Wat gat nou an, Bo-Kaap?

  • 3

Foto van Zulfah Otto-Sallies: https://www.litnet.co.za/zulfah-otto-sallies-1961-2016/; Foto van die Bo-Kaap met Tafelberg: Menán van Heerden

Ag almal is gepla met my Bo-Kaap
Die koerante skryf asof ons nou posh is
Vergiet van die lekhuise 
bakke wat ons as laaities oor moes jump
plek-plek ons eie games gemaak
as die rien val en die ghantam slat
ennie dining room is nat 
da’ gooi Ma die koerante neer 
ommie druppels te vang
Soe wat gat nou an Bo-Kaap?
Djy disappoint my, laat almal intrek met ’n bietjie geld
Sonner cultural respect sit hulle met hulle biere 
Stoepe vol kyk hulle na die klopse
Vol complaints as die bilal net bang

Wat gat nou an, Bo-Kaap?
Groot geboue, fancy hotelle choke jou rus, rus
Oemie en Boeja moet nou-nou trek, want die rent is in sy moer
Hoeg en net vir die geldgatte
Wat is jou storie?
Djy met jou colouring huise en tourists galore
Selfies en alle tipe foto’s, sit ’it op Facebook 
orals is ons die magazine cover
“Gentrification!” skree die anties
Hulle wil ons yt hê, sê die boetas
Ôse laaities kannie hie koepie
Die rykgatte vat oor… soe praat die mense

Wat gat nou an, Bo-Kaap?
Djy disappoint my
Djy met jou mesmerising view
Daa’ aan die hange van Tafelberg
Lê my troos, my liefde
Jou cobblestone strate my salaams, my tramakasies, my maafs
Djy is my Bo-Kaap, vol liefde en neighbourliness
Ek mis jou ...
Kô visit gou …
Ek verlang na jou
Djy met jou grootbek
Wat vir almal vertel van jou geheime
Brag van jou beauty …
En nou wil almal ’n stuk van jou hê
Baklei dié wat die dollar en pond het
Wie is die highest bidder?

Wat gat nou an, Bo-kaap?
Djy met jou kanalas en tamaafs
Waa’ ekkie neighbours ’n koppie suiker kan vra
Wat is jou problem?
Die Slamse verkoop vir ’n miljoen
En dan wat?
Die Moesliems huil “Wat van onse heritage?”
Tuang Guru is net nou allien amongst die aliens
Wat ken julle – te veel aliens choke die natural vegetation
Dink virre slag die rande issittie wertie
Nieman daa’ buite is geworrie
Of djy pwasa iet of hemel toe gattie
Hie’ innie Bo-kaap is ons nog geconcern
Jou well-being, Oemie se pille
Wat djy op die tafel sit vi’ supper
Wat gat an met jou, Bo-Kaap?
Ek mis jou

Djy met die golden egg
Wat is jou problem
Government issie concern
Is ’n democracy virrie rich
Buy one get one free
Hulle koep die Bo-Kaap stuk vir stuk
Alles is vi’ sale ...
Daa’ virre cheek rent hulle yt
En daa’ gattie neighbourhood
Kom visit kanala ... my Bo-Kaap 
As die sere gesond whit en die bene is sterker
Loop tog ’n slag weer en staan regop en sterk
En lat die bilal bang
En roep die Slamse …. En die Moesliems. Die daggaroekers ...
Die wannabe skollies ... skree soema vi’ almal ...
Come one come all …
Lat hulle wiet ons is lief vi’ hulle
My Bo-Kaap met sy beauty spots en al sy dinge
Ons bemin jou ... kô visit virre slag …

Wat gat an met jou, Bo-Kaap?
Ek mis jou …

  • Hierdie gedig word gepubliseer met die toestemming van Zulfah Otto-Sallies se dogter en kopiereghouer hiervan, Muneera Sallies. 

Zulfah Otto-Sallies (1961–2016)

  • 3

Kommentaar

  • Leon du Bruto

    Toename in waarde van Bo-Kaap kan net gestop word indien geen eiendomme verder verkoop sou word nie of almal ooreenkom op ’n sekere prysstelsel en eienaarskap hou vir huidige inwoners en hulle kinders. Die ligging van Bo-Kaap is so dat as dit oop is die waarde ver meer as Seepunt sal word. Itv stadsontwikkeling sal 50-verdieping-woonstelgeboue hier opgerig word indien die cbd verder sou groei.

  • Gee Bo-Kaap terug aan oorspronklike eienaars. Grond was onwettiglik afgeneem deur NP. Dis net regverdig.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top