Willem de Swyger

Willem de Swyger is ’n voltydse regsgeleerde en ’n deeltydse sanger-liedjieskrywer wat saam met sy gesin in die Eikestad woon.

Hy was 14 jaar oud toe die musiek van Koos du Plessis die eerste keer sy pad gekruis het. “Koos se musiek was soos ’n helder lig wat vir my aangaan,” sê Willem, “en daardie dag is ’n vlammetjie in my aangesteek wat sedertdien brand.” 

Met die verloop van tyd het die woorde van Kerkorrel, Van Wyk Louw, Coenie de Villiers, Koos Kombuis en Lucas Maree hom ook gewys wat moontlik is in Afrikaans, en ander skrywers soos Dylan, Cohen, Springsteen en Kristofferson het ook geïnspireer.

Willem sê dat hy homself nie ’n lewe sonder musiek kan voorstel nie. Hy skryf sedert sy hoërskooldae en die uitreiking van sy album Kaalvoet is voorwaar die verwesenliking van ’n lewenslange droom.

skerwe van ’n gebroke sterling

Willem de Swyger Poësie 2022-10-27

"word
’n wyserster
’n wegwyser
’n padvinder
’n ligspoor"

Skilder met laaste lig

Willem de Swyger Poësie 2022-10-07

"skilder met laaste lig se ragfyn kwashale
gelaagde wolke in skakering van geel pigment"

Wit kers

Willem de Swyger Poësie 2022-09-29

"my wit kers
se geel vlam
brand vanmôre
in my vensterbank"

Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud oor onder woorde

Naomi Meyer, Willem de Swyger Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-09-20

"Ek dink mense kan verwag om amper as ’t ware in ons voorhuis ingenooi te word. Die vertoning sal ’n kombinasie wees van gedigte en musiek."

Drie (on)tug vrae

Willem de Swyger Poësie 2022-09-15

"word pastorieë vol gesinsgeweld
met verloop van tyd voorstedelike
kleuterskole wat die illusie
van vrolikheid probeer skep
ten spyte van verbleikte verf?"

vroegmôre

Willem de Swyger Poësie 2022-07-13

"vroegmôre
se natvars winterlug
soek krake in die nag
styf lê ek agter jou rug"

hang vir my

Willem de Swyger Poësie 2022-06-01

"hang vir my
die sterre
(helder soos lanterns)
aan die donker"

’n Tomahawk van ’n les

Willem de Swyger SêNet-briewe 2022-05-18

"Miskien dit: mense is soos restourante – om gelukkig te wees met hulle moet jy nét van hulle verwag wat hulle kan gee. As jy méér as dit verwag, is die potensiaal groot dat dit in trane gaan eindig. Moet dus nie ’n steak bestel in ’n restourant wat in kerrie spesialiseer nie."

word wakker

Willem de Swyger Poësie 2022-03-22

"word wakker
maak oop jou oë
aanskou die nuwe dag"

vanmiddag krap

Willem de Swyger Poësie 2022-01-31

"regoor die veld se gepotmerkte rug 
ek weet nie meer met sekerheid 
waarheen hierdie hemelweg lei nie 
ek hoop hy bring my veilig huis toe"

Vir prof Jaap: ’n gedig as huldeblyk

Willem de Swyger In memoriam 2022-01-26

"ek roep jou vanmôre voor die gees
ek sien jou weer duidelik
op daardie klassiekgeworde koerantfoto’s
beide swart en wit ..."

Desember

Willem de Swyger Poësie 2022-01-24

"ek maak my oë toe 
sê stil dankie 
raak bewus 
van hierdie goue oomblikke"

hierdie vakansie

Willem de Swyger Poësie 2022-01-03

"hierdie vakansie 
wil ek my moeë lyf 
lawe met seelug 
genesend soos salf 
op seer spiere"

wit soos walvismae

Willem de Swyger Poësie 2021-11-22

"wit soos walvismae 
swem wolke verby 
deur die uitspansel 
se akwamaryn"

Sjoe, die wêreld is deurmekaar, Ma

Willem de Swyger Menings 2021-08-03

"ons land is bibberend koud
ons land is aan die brand
en tog hoor ek jou sê:
'blom waar jy geplant is'"

Top