'n Deel van jou het vas bly steek
2023-10-27"sal die stemme
van water
van wind
jou vind
en veilig
huis toe lei"
Ek het alles prysgegee
2023-10-19"maar die skoonheid
van die lug se blou
van die lente se groen
spook steeds by my"
In die suidewind se koue
2023-10-12"in die suidewind se koue
wat ruik na die see se skuimasem
blom die blou berge
krismisrose uit"
Van voordat ek kan onthou
2023-08-31"waar sal ek –
selfs noudat ek self kan praat –
die woorde vind
die regte woorde
om behoorlik dankie te sê?"
Ons was al in Suidwes
2023-08-24"toe breyten vêr van ons
930 myl suidoos
in die stad van goud
in die stad van bloed
en van uitbuiting
sy goue ode geskryf het"
Ek wil lippe natmaak
2023-08-17"hier tussen rotskuns
en velde vol blomme
tuit my hart se kring
al wyer uit ..."
’n Huldeblyk aan Kelvin Singini, voorheen kelner by Asta in Stellenbosch
2023-08-01"jy was ’n kelner
wat my soms bedien het
’n vreemdeling
uit ’n vreemde land"
Wintersmôres
2023-07-06"is die Bolandse lug
so onbevange blou
is die Bolandse berge
so onbesonne blou"
’n Seën vir pars
2023-05-11"laat sonstrale
sag en skuins
suiwer oor julle val
groen deur ’n filter
van welige lower"
Ek wil gaan nesmaak
2023-05-04"ek wil gaan
nesmaak
in my hart
se hoogste kranse
en daar wil ek
stil oorwinter
tot die lente kom"
Nuwe Skryfwerk-video: Onderweg
2023-01-19Willem de Swyger en Carmen Platt het ’n video vir LitNet geskep. Die tema handel oor die gebeurtenis van die jaar. Dit verskyn as multimedia-skepping in LitNet se nuwe skryfwerk-afdeling. Kyk die video hier.
’n Hartstog vir Van Gogh
2022-12-01"het die Skepper
vir Van Gogh gevra
om hom te help
om hierdie naghemel
wat stadig
laag vir laag afskilfer"
Die reuk van sop: ’n huldeblyk aan my ma
2022-11-23"Ek het as kind goed kon verstaan hoekom Esau sy eersgeboortereg in die Bybel aan Jakob verkoop het vir ’n pot lensiesop. Die transaksie het op die oog af baie redelik vir my gelyk. Dis nou natuurlik op die aanname dat dit ’n pot lensiesop soortgelyk was aan my ma s’n."

