Ek wil lippe natmaak

  • 5

Foto: Canva

Ek wil lippe natmaak

ek wil lippe natmaak
met ’n mondjievol water
geskep uit die Brandewynrivier
wat ontspring neffens die Sederberge
se laaste drie pieke
– Faith, Hope & Charity –
agter Pakhuis
waar kankerbos genesing bring
naby Leipoldt se graf
en die Engelsman s’n
nie vêr van die blommende Biedouwvallei
en Wupperthal
            se berggansveer        
            se vuurvaste wit ou kerk
            Oom Woeka se winkel
hier tussen rotskuns
en velde vol blomme
tuit my hart se kring
al wyer uit –

hulle sê hierdie water
het geneeskundige kwaliteite
maar ek sukkel
            om dit te laat staan
            om huis toe te gaan

ek sukkel

            om afskeid te neem
van jou, van my
van hierdie heilige
helende plek

  • 5

Kommentaar

  • Willa van Wyk

    Mooi stigtelik-digterlik
    (al merrie hoofletters saam...)

    dankie - jou vers soos 'n 'serpie teen die koue nek' soos Walter Benjamin seg.

  • Christelle de Jager

    Wat 'n wonderlike "... heilige helende plek..." vir menswees! Dankie Willem de Swyger!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top