
Foto: Canva
Ons was al in Suidwes
ons was al in Suidwes
vier maande voor my geboorte
toe breyten vêr van ons
930 myl suidoos
in die stad van goud
in die stad van bloed
en van uitbuiting
sy goue ode geskryf het
vir alle verlore seuns
vir alle verlore vaders
wat verdwaal het in die paradys
wat gevind word in die val
wat kom van té lank loop met lang bene
deur ’n stil seisoen wat blink in die lig
vanaand 50 jaar later
sit ek alleen in die donker
Wellingtonse berge is naby
ons lewe nog beide, breyten
ons sterwe steeds elke dag
vergaan vrolik
met min bagasie
terwyl die son swaar
in die aarde klop


Kommentaar
Besonderse vers hierdie.
Het die lees van hom geniet.