Willem de Swyger

Willem de Swyger is ’n voltydse regsgeleerde en ’n deeltydse sanger-liedjieskrywer wat saam met sy gesin in die Eikestad woon.

Hy was 14 jaar oud toe die musiek van Koos du Plessis die eerste keer sy pad gekruis het. “Koos se musiek was soos ’n helder lig wat vir my aangaan,” sê Willem, “en daardie dag is ’n vlammetjie in my aangesteek wat sedertdien brand.” 

Met die verloop van tyd het die woorde van Kerkorrel, Van Wyk Louw, Coenie de Villiers, Koos Kombuis en Lucas Maree hom ook gewys wat moontlik is in Afrikaans, en ander skrywers soos Dylan, Cohen, Springsteen en Kristofferson het ook geïnspireer.

Willem sê dat hy homself nie ’n lewe sonder musiek kan voorstel nie. Hy skryf sedert sy hoërskooldae en die uitreiking van sy album Kaalvoet is voorwaar die verwesenliking van ’n lewenslange droom.

Seesterre

Willem de Swyger Menings 2021-07-12

"Onthou die verhaal van die seesterre. Bepaal jou fokus net by die volgende seester. Een seester op ’n slag."

Kom plant ’n boom vir Afrikaans

Willem de Swyger Menings 2021-05-17

"Ek wil ’n dieperige gat grawe in Afrika se vrugbare aarde en die boompie staan maak in dié rooibruin grond. Op my eie manier wil ek die boompie voortdurend natlei deur my aksies. My hoop is dat die boom mettertyd sal groei en sy kroon sal span teen die hemel se wye blou boog. Dat dit die storms, reën en wind sal oorleef."

Top