Reinhardt Fourie

Reinhardt Fourie verwerf die graad BA Tale aan die Universiteit van Pretoria. In België studeer hy verder aan die Universiteit Gent (MA in Vergelykende Moderne Letterkunde) en die Katholieke Universiteit Leuven (MA in Literatuurwetenskap). In 2020 promoveer hy in die vergelykende letterkunde onder leiding van Andries Visagie aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is tans voorsitter van die Letterkundeassosiasie van Suid-Afrika (LASA) en dien as redaksionele medewerker van die Tydskrif vir Literatuurwetenskap/Journal of Literary Studies. Hy doseer Afrikaanse letterkunde in die Department Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), waar hy voorheen aan die Departement Engels verbonde was.
 
Reinhardt Fourie received his BA in Languages from the University of Pretoria. In Belgium he studied at Ghent University (MA in Comparative Modern Literature) and the University of Leuven (MA in Literary Studies). In 2020 he completed his PhD in comparative literature under the supervision of Andries Visagie at Stellenbosch University. He is currently the chair of the Literature Association of South Africa (LASA) and serves as editorial associate for the Journal of Literary Studies/Tydskrif vir Literatuurwetenskap. He lectures on Afrikaans literature in the Department of Afrikaans and Theory of Literature at the University of South Africa (Unisa), where he was previously affiliated to the Department of English Studies.

Miniseminaar: Oor jeugverhale, Van Coller, en ek en Barrie Hough

Reinhardt Fourie Seminare en essays 2022-08-30

"Dit beteken nie dat daar sprake van ’n sinistere, politiek korrekte of woke kabaal is nie, maar eerder dat ons te make het met ’n ingewikkelde proses waartoe baie mense bydra en waarin hulle ook ’n belang het." Lees Reinhardt Fourie se bydrae tot LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".

Donkerberg/Bloodwood deur Dominique Botha: ’n resensie

Reinhardt Fourie Resensies 2022-03-24

"Donkerberg is ’n knap poësiedebuut."

Resensie: ’n Spook in die huis deur François Loots

Reinhardt Fourie Resensies 2020-05-06

"’n Mens se ervaring van die roman sal grootliks afhang van jou geduld met Kafkaägtige narratiewe truuks en surrealistiese beelde en gebeure."

Resensie: Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg

Reinhardt Fourie Resensies 2020-05-04

"Die storie handel opsigtelik oor die dood – ’n lykbesorger en die huiweringswekkende wêreld van die begrafnisbedryf – maar dit is eintlik verbasend gepas dat so ’n aardige narratief uiteindelik heelwat te sê het oor die lewe, ten spyte van sy bemoeienis met die dood."

weer-lig deur Fransi Nieuwoudt: ’n resensie

Reinhardt Fourie Resensies 2019-04-18

"Tematies handel die gedigte in weer-lig oor aspekte van die kuns en die natuur."

Die aarde is ’n eierblou ark deur Susan Smith: ’n Resensie

Reinhardt Fourie Resensies 2017-01-25

"In Die aarde is ’n eierblou ark toon die digter ’n verfynde ekokritiese bewustheid, en in teenstelling met haar debuut vertoon hierdie bundel ’n baie hegter tematiese eenheid."

Boekresensie: Maestro deur Marié Heese

Reinhardt Fourie Resensies 2016-12-06

"Maestro bewys weer, soos Heese se ander onlangse romans, dat sy grondige navorsing doen wanneer sy ’n historiese roman aanpak."

Book review: Going back to say goodbye by Kenneth de Kok

Reinhardt Fourie Books and writers 2016-10-25

"Going back to say goodbye tells the story of a boy saying goodbye to his childhood as it flits past. It is also the story of a boy saying goodbye to his father and, movingly, to a South Africa that both no longer exists and lingers on in surprising ways."

Boekresensie: Huilboek deur Ryk Hattingh

Reinhardt Fourie Resensies 2016-08-16

"Ryk Hattingh se Huilboek is ’n boek wat wys hoe ou herinneringe en nuwe ervarings gloedvol kan saamsmelt om ’n onopgesmukte verhaal te vertel."

Boekresensie: Daar doer in die fliek deur Leon van Nierop

Reinhardt Fourie Resensies 2016-06-08

"Daar doer in die fliek is ’n viering van die Afrikaanse filmbedryf se prestasies, en Van Nierop blyk positief te wees oor die toekoms."

Filmresensie: The Jungle Book (2016)

Reinhardt Fourie Film 2016-04-21

"The Jungle Book is  in baie opsigte baie dieselfde as die oorspronklike, maar dit vertoon ’n bewustheid van hedendaagse waardes betreffende familie en die mens se verhouding met die natuur. En boonop bly dit ’n prettige en vermaaklike avontuur."

Die houtbeen van St Sergius deur Chris N van der Merwe

Reinhardt Fourie 2014-09-16 "Die houtbeen van St Sergius is ’n mooi samevatting van een literator se produktiewe en diepgaande navorsingsloopbaan die afgelope 20 jaar."

Die verhouding tussen trauma en magiese realisme in Op soek na generaal Mannetjies Mentz (1998) deur Christoffel Coetzee

Reinhardt Fourie 2014-07-08 Hierdie artikel ondersoek die verband tussen trauma en magiese realisme in die roman Op soek na generaal Mannetjies Mentz (1998) deur Christoffel Coetzee.

LitNet Akademies-resensie-essay: In die afwesigheid van sin deur Susan Smith

Reinhardt Fourie 2013-05-29 "Hierdie vroulike verwantskap strek verder as die streng biografiese. Dit dui op die verwantskap tussen vrouedigters en jonger generasies wat hulle opvolg en eer, maar ook van hulle verskil, hulle bevraagteken, parodieer, spot – en figuurlik dood."

Is ekokritiek die moeite werd?

Reinhardt Fourie 2013-02-22 "Ons word daagliks deur nuusberigte oor wildstroping, mynbedrywighede, kernrampe en groot natuurrampe tot die besef gedwing dat die vernietiging van die omgewing ’n aktuele impak op ons lewens het. Navorsers het hierop begin reageer en die ekokritiek sal in die volgende twee dekades ’n nóg belangriker ondersoeksrigting word ..."
Top