Reinhardt Fourie

Reinhardt Fourie is medeprofessor in die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa). Hy verwerf die graad BA Tale aan die Universiteit van Pretoria. In België studeer hy verder aan die Universiteit Gent (MA in vergelykende moderne letterkunde) en die Katholieke Universiteit Leuven (MA in literatuurwetenskap). Hy behaal sy PhD in vergelykende letterkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Hy dien tans as redakteur van Tydskrif vir Literatuurwetenskap, en was tussen 2019 en 2025 voorsitter van die Letterkundeassosiasie van Suid-Afrika (LASA).

Reinhardt Fourie is an associate professor in the Department of Afrikaans and Theory of Literature at the University of South Africa (Unisa). He received his BA in Languages from the University of Pretoria. In Belgium he studied at Ghent University (MA in comparative modern literature) and the University of Leuven (MA in literary studies). He received a PhD in comparative literature from Stellenbosch University. He currently serves as editor of the Journal of Literary Studies, and served as chair of the Literature Association of South Africa (LASA) from 2019 to 2025.

Die verhouding tussen trauma en magiese realisme in Op soek na generaal Mannetjies Mentz (1998) deur Christoffel Coetzee

Reinhardt Fourie 2014-07-08 Hierdie artikel ondersoek die verband tussen trauma en magiese realisme in die roman Op soek na generaal Mannetjies Mentz (1998) deur Christoffel Coetzee.

LitNet Akademies-resensie-essay: In die afwesigheid van sin deur Susan Smith

Reinhardt Fourie 2013-05-29 "Hierdie vroulike verwantskap strek verder as die streng biografiese. Dit dui op die verwantskap tussen vrouedigters en jonger generasies wat hulle opvolg en eer, maar ook van hulle verskil, hulle bevraagteken, parodieer, spot – en figuurlik dood."

Is ekokritiek die moeite werd?

Reinhardt Fourie Academic research 2013-02-22 "Ons word daagliks deur nuusberigte oor wildstroping, mynbedrywighede, kernrampe en groot natuurrampe tot die besef gedwing dat die vernietiging van die omgewing ’n aktuele impak op ons lewens het. Navorsers het hierop begin reageer en die ekokritiek sal in die volgende twee dekades ’n nóg belangriker ondersoeksrigting word ..."

LitNet Akademies-resensie-essay: Wat's nuus? – lewensverhaal van ’n ikoon

Reinhardt Fourie 2012-08-03 "Die moontlike konstruksies van die Afrikaner wat aan bod kom in Wat’s nuus? is egter op ’n subtieler vlak teenwoordig as wat die geval is met ander onlangse biografieë deur prominente Afrikaners wat baie openliker ’n bemoeienis toon met Suid-Afrikaanse en Afrikanerpolitiek, sowel as die gepaardgaande identiteitskwessies."

The Avengers: Net pret

Reinhardt Fourie 2012-05-21 The Avengers se superhelde beteken pure pret en witwarm vermaak.

Boekedag 2012: Reinhardt Fourie kies ’n karakter

Reinhardt Fourie 2012-04-18 As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

A Dangerous Method: Goeie drama met sterk beelde en skerp rolverdeling

Reinhardt Fourie 2012-04-10 Soos baie van veteraanregisseur David Cronenberg se films ondersoek A Dangerous Method hoe die psigiese en fisiese ten nouste met mekaar verweef is.  Reinhardt Fourie meen dit is nie so goed soos van sy ander films nie, maar tog die moeite werd.

Meryl Streep skitter in The Iron Lady, maar dis al

Reinhardt Fourie 2012-02-21 The Iron Lady open met ’n bejaarde Thatcher (Meryl Streep) wat melk koop sonder dat enigiemand haar herken. Die kyker leer haar ken as ’n bejaarde, maar steeds waardige en netjies-geklede dame in haar Londense woning.

The Adventures of Tintin – Kuifie, maar nie juis nie

Reinhardt Fourie 2011-11-23 The Adventures of Tintin is ’n samesmelting van drie strokiesboeke uit die gelyknamige reeks: Die krap met die goue knypers, Die geheim van De Eenhoorn en Die skat van Rackham die Rooie.

LitNet Akademies-resensie-essay: Biografie van 'n bende: Die storie van Fokofpolisiekar

Reinhardt Fourie 2011-11-02  Musiek het veral sedert die sestigerjare van die vorige eeu ’n belangrike medium geword waarin maatskaplike, kulturele en politiese kwessies in verskillende musiekbewegings verken is.

Die produksiegehalte van Palindroom en Kladboek deur Joan Hambidge as gevallestudies binne die uitgewersbedryf

Reinhardt Fourie LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-03-20

"Hierdie artikel ondersoek die produksiegehalte van uitgewershuisprodukte. Binne hierdie konteks word Palindroom (2008) en Kladboek (2008) as gevallestudies aangewend om te bepaal hoe die verskillende produksiekettings by verskillende uitgewershuise se finale produkte daar uitsien."

Top