Die Afrikaanse poësie se nuutste rockster verskyn met sterk debuut
2009-01-22 Loftus Marais se debuutbundel, Staan in die algemeen nader aan vensters, oorrompel die leser met sy verskeidenheid en beweeglikheid.
Etienne Leroux se Die 18-44-trilogie bied veelvlakkige waarde
2009-01-08 Etienne Leroux is een van die reuse van die Afrikaanse letterkunde. Saam met Jan Rabie en André Brink het hy vanaf die vyftigerjare van die vorige eeu vernuwing gebring in die Afrikaanse prosa en dit op ’n internasionale peil geplaas soos aangedui deur die sukses wat vertalings van sy werk behaal het.
Ander lewens: ’n spel met die onwaarskynlike of nierealistiese
2008-06-10 Met die bekendstelling van Random House se nuwe uitgewersnaam, Umuzi, in 2006 het André Brink die kort opdragwerk Die blou deur / The Blue Door geproduseer. Dit het die beginpunt gevorm vir sy jongste publikasie, Ander lewens, waarin Die blou deur nou gekombineer word met twee ander novelles om ’n losse samehang te vorm.
’n Vreemdeling op deurtog wys opnuut hoe Aucamp van Afrikaans ’n instrument met uitgebreide register maak
2008-05-06 Lesers van die Afrikaanse letterkunde ken Hennie Aucamp as ’n uitsonderlik veelsydige skrywer wat met gemak tussen genres beweeg.
Met Retoer maak Andries Bezuidenhout 'n stewige toetrede tot die poësie
2008-03-10 Met die verskyning van Retoer is dit duidelik dat Bezuidenhout homself nou binne die literêre tradisie wil plaas.
Polaroid: Dreyer verken die binnelandskappe van sy karakters
2007-12-13 Met sy jongste publikasie, die kortverhaalbundel Polaroid, is Dreyer weer terug in die Suid-Afrikaanse ruimtes wat hy in sy eerste twee romans so skerpsinnig verken het.

