Louise Viljoen

Louise Viljoen is professor in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is die skrywer van Ons ongehoorde soort. Beskouings oor die werk van Antjie Krog (Sun Press 2009), ’n kort biografie getitel Ingrid Jonker (Jacana Media 2012, Ohio University Press 2013) en Die mond vol vuur. Beskouings oor die werk van Breyten Breytenbach (Sun Press 2014). Sy was saam met Ronel Foster samesteller van die bundel Poskaarte. Beelde van die Afrikaanse poësie sedert 1960 (1998) en saam met Hennie van Coller en Helize van Vuuren samesteller van Afrikaans poems with English translations (2018), en het ook ’n keuse gemaak van gedigte uit die werk van Barend Toerien met die titel Om te onthou (2006). Haar navorsingsfokus is die Afrikaanse letterkunde, met spesifieke verwysing na postkolonialisme, geslagtelikheid, identiteit, kosmopolitisme en transnasionalisme.  

“A postcolonial Umwelt cabinet”: questions about a transnational poetics in Afrikaans with reference to Marlene van Niekerk’s Kaar

Louise Viljoen Academic research 2017-09-12

"This article asks the question whether one can speak of a transnational poetics in the case of poets who write in a local and minor language such as Afrikaans."

“’n Postkoloniale Umweltkas”: die vraag na ’n transnasionale poëtika in Afrikaans aan die hand van Marlene van Niekerk se Kaar

Louise Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-09-12

"In hierdie artikel word daar ondersoek ingestel na die vraag of daar in die geval van Afrikaanse digters en ’n lokaal-geplaaste minderheidstaal soos Afrikaans gepraat kan word van ’n transnasionale poëtika."

Die wêreld van Charlie Oeng: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Louise Viljoen Resensies 2017-08-07

"Van Heerden bou in hierdie roman met ’n uitnemende verbeeldingskrag, kennis en vernuf ’n wêreld wat vir jou nuwe perspektiewe op ou vraagstukke open. Die wêreld van Charlie Oeng is ’n waardige toevoeging tot ’n gedugte oeuvre."

Te veel sorge deur Hans Pienaar: ’n resensie

Louise Viljoen Resensies 2017-04-13

"Die idee is dus dat elkeen van die verhale wat in hierdie bundel of roman-in-stukke opgeneem is, iemand se 'sorge' verteenwoordig. Die verhale word dus saamgebind deur die feit dat dit gaan oor ’n wye spektrum van mense se sorglike lewenservarings, hulle sondes, skuldgevoelens, boetedoenings, onsekerhede en vertwyfelings."

Alles het niet kom wôd deur Nathan Trantraal: ’n resensie

Louise Viljoen Resensies 2017-04-03

"Dit is die produk van ’n digter volkome in beheer van sy vak. Veral is dit die werk van iemand wat met sy ingehoue, maar tog dringende stem die vermoë het om tot ’n wye spektrum van lesers te spreek."

Boekresensie: Dorado deur Tom Dreyer

Louise Viljoen Resensies 2016-12-20

“Myns insiens is dit ’n roerende beeld van ’n baie gewone man se behoefte om homself te oortuig dat die gebeure in sy lewe volgens ’n bepaalde plan verloop en ’n sinvolle afloop sal hê.”

Interlingual and cross-cultural movement between Afrikaans and Dutch in Marlene van Niekerk’s volume of stories Die sneeuslaper [The snow sleeper] (2010)

Louise Viljoen Academic research 2016-05-11

"This article explores the interlingual and cross-cultural movements between Afrikaans and Dutch in this volume, more specifically in “Die sneeuslaper”, the story that lends its title to the volume."

Intertalige en kruiskulturele verkeer tussen Afrikaans en Nederlands in Marlene van Niekerk se verhaalbundel Die sneeuslaper

Louise Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-05-11

"Die artikel ondersoek die wyse waarop Afrikaans in die verhaal “Die sneeuslaper” geperforeer word deur Nederlands en die wyse waarop ’n Suid-Afrikaanse leefwêreld die Nederlandse verhaalruimte in hierdie verhaal infiltreer."

LitNet Akademies-resensie-essay: Brandwaterkom deur Alexander Strachan

Louise Viljoen Resensies 2015-08-13

Brandwaterkom is "’n roman wat die leser se aandag uit die staanspoor  vasvang en deurgaans behou".

Poolshoogte-afsluiting: Nuwe ontwikkelinge in die Afrikaanse literatuurstudie

Louise Viljoen 2015-03-25 "LitNet, LitNet Akademies en Etienne van Heerden moet gelukgewens word met hierdie inisiatief. Die American Comparative Literature Association (ACLA) publiseer elke 10 jaar ’n verslag oor die 'State of the Discipline' wat betref die vergelykende literatuurstudie."

Biebouw-resensie: Al die lieflike dade deur Charl-Pierre Naudé

Louise Viljoen 2014-12-02 Al die lieflike dade daag opnuut die Afrikaanse poësieleser uit met sy omvang, kompleksiteit, beeldkrag en unieke poëtiese segging."

kykNET-Rapport Boekpryse 2014: Commendatio vir Wolf, wolf deur Eben Venter

Louise Viljoen 2014-11-26 "Met hierdie roman toon Venter weer eens dat hy nie huiwer om die kilste moontlike scenario’s van hulle leefwêreld vir sy lesers te teken nie." 

kykNET-Rapport Boekpryse: Onderhoud met Louise Viljoen

Naomi Bruwer, Louise Viljoen 2014-10-29 Die kortlys van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is pas bekendgemaak. Louise Viljoen was een van die beoordelaars van die Fiksie-kategorie.

Nuwe stemme 5 – saamgestel deur Heilna du Plooy en Loftus Marais

Louise Viljoen 2013-12-10 “Die Nuwe stemme-projek (bly) ’n belangrike een in die identifisering en ontwikkeling van nuwe digterlike stemme in Afrikaans. Daar is min literêre sisteme in die wêreld waarin daar met soveel toewyding omgegaan word met poëtiese talent en daar soveel moeite gedoen word om dit te ontwikkel.”

Klimtol speel én besin

Louise Viljoen 2013-10-01 "Dit is ’n volkome oortuigende en meevoerende roman waarin die skrywerslens oopgestel word vir ’n wye spektrum van menslike ervaring, maar daar ook erkenning gegee word aan die behoefte om terug te keer na ’n ruimte van oorsprong, of dit nou dié van die gesin of die eerste bron van inspirasie is."
Top