LitNet

LitNet

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-09-15

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

LitNet: ’n Fluitjieblaser sterf

LitNet Nuusbrief 2025-09-12

LitNet: ’n Fluitjieblaser sterf

Uitnodiging na die opening van Tuin van Digters 2025 se kunsuitstallings: wanatoe? soentoe en Gee, aangee: nooit opgee

LitNet Kuns 2025-09-12

Kunstenaars kon Breyten se digkuns én skilderkuns as vertrekpunt en inspirasie gebruik om kunswerke te skep wat Breyten se nalatenskap eer, erken en verder neem. 

Persverklaring: 5de SAS-simposium

LitNet Akademies en skole 2025-09-11

Die Departement Afrikaans en Neerlandistiek, Universiteit van Wes-Kaapland bied vanaf 10–11 Oktober 2025 die 5de SAS-simposium aan. Onder die skrywers wat reeds hul deelname bevestig het, is Antjie Krog, Bettina Wyngaard, Diana Ferrus, Elias P Nel, Gaireyah Fredericks, Jeremy Vearey, Jolyn Phillips, Lynthia Julius, Valda Jansen en Willem Fransman jnr.

Press release: Karavan Press bags Creative Africa Nexus (CANEX) Book Factory Prize for Publishing in Africa 2025

LitNet Books and writers 2025-09-11

Karavan Press was recognised for its book In silence my heart speaks by Thobeka Yose, winning the $20,000 top prize. The Prize was presented by Algeria’s Minister of Culture and Arts Azzedine Mihoubi.

Hier is die deelnemers aan vanjaar se Kommadagga-slypskool en -residensie

LitNet Slypskole 2025-09-10

Die skrywers sal onder leiding van ons bekwame mentor, Fourie Botha, digter, ervare uitgewer van gerekende skrywers en literêre agent, tydens die residensie skaaf aan kortverhale.

Nuut by Tafelberg: Donkermaan deur Jaco Wolmarans

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-10

1991. Israel is in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit Lebanon. Mossad moet dringend ’n antwoord vind – en ’n geskikte rekruut vir ’n uiters sensitiewe operasie: die diefstal van broodnodige radartegnologie by die Suid-Afrikaanse Lugmag, as teenvoeter vir Siriese missiele. 

Nuut by Tafelberg: Sekelmaan deur Jaco Wolmarans

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-10

’n Groep jong Suid-Afrikaanse Jode, die teiken van ’n terreuraanval in Kaïro, is die vlam in ’n kruitvat vir grootskaalse oorlog in die Midde-Ooste. In die middel daarvan is die joernalis Ruby Heyns in besit van verdoemende inligting wat die skaal in dié konflik kan swaai. 

Nuut by Tafelberg: Kronkelpad deur Irma Joubert

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-10
’n Deernisvolle roman oor die kronkelpaaie van die lewe en die liefde. Marco Romanelli, ’n Italianer wat in ’n konsentrasiekamp was, gaan woon in 1948 om gesondheidsredes in die Bosveld. Daar ontmoet hy vir dr Lettie Viljoen. Die liefde blom tussen hulle ... maar dan breek die polio-epidemie van die jare vyftig uit.
 

Nuut by Tafelberg: Life is ’n biets deur Faeed Amardien

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-10

Leonardo word groot in ’n arm, maar liefdevolle gesin. Wanneer sy pa en kleinboetie in ’n ongeluk sterf, verander alles. Leonardo loop weg en beland by ’n groep straatbewoners. Rodger, ’n ou Engelsman, word vir hom soos ’n vaderfiguur. Wanneer Rodger siek word en Leonardo hom in die hospitaal besoek, ontdek hy iets onverwags. 

Pasverskyn: Valskermbataljon-verhale saamgestel deur Mike Bolhuis

LitNet Boeke en skrywers 2025-09-10

Valskermbataljon-verhale is stories van moed, deursettingsvermoë, gevaar, humor, vasbyt en verlies wat die leser by tye laat regop sit, glimlag en ook diep laat nadink. Hierdie is eerlike, rou en op-die-man-af stories geskryf deur manne van dié elite-eenheid oor oomblikke wat hulle nooit sal vergeet nie. 

Gewildste plasings op LitNet: 3 tot 9 September 2025

LitNet Als oor LitNet 2025-09-10

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week van 3 tot 9 September 2025.

Uitnodiging na die Neville Alexander-gedenklesing op 20 September in die Paarl

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2025-09-09

Ons nooi jou graag na die luisterryke sesde Neville Alexander-gedenklesing op 20 September waartydens die skrywer Cliffordene Norton die rede sal voer.

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Klein konings deur Theo Kemp – 27 September 2025, Oude Leeskamer, Stellenbosch

LitNet Boeke en skrywers 2025-09-09

Sluit aan by Fourie Botha wanneer hy met Theo Kemp oor sy nuutste roman, Klein konings, in gesprek tree op Saterdag 27 September, om 10:30 vir 11:00 by Oude Leeskamer in Stellenbosch. Toegang is gratis.

Persverklaring: Kortlyste vir die Netwerk24-kykNET-Rapport-resensiepryse 2025 bekend

LitNet Boeke en skrywers 2025-09-09

Die kortlyste vir die Netwerk24-kykNET-Rapport-boekresensiepryse is nou bekend.

Top