Uitnodiging na die opening van Tuin van Digters 2025 se kunsuitstallings: wanatoe? soentoe en Gee, aangee: nooit opgee

  • 0

Opening van die kunsuitstallings by Tuin van Digters 2025

Vrydag 12 September: 18:00 – 18:45 | Digterstuin

Openingspreker: Marí Borstlap, regisseur, aktrise en ontwerper

Sy het onder meer die regie van Onder ’n bloedrooi hemel en van Breyten Breytenbach se laaste drama, Verwelkingslied, by vanjaar se Suidoosterfees behartig.

Danie du Toit, wie se eerste rockgroep op skool in die Paarl se naam Ysterkoei was (genoem na Breyten Breytenbach se eerste digbundel die ysterkoei moet sweet), en sy pa, Johan du Toit, klim op dieselfde verhoog. Johan lees gedigte uit sy eerste digbundel, Nagmaal by die huis, wat in 2024 verskyn het, en Danie sing ou en nuwe toonsettings soos net hy kan. Die tent se dak lig dalk net.

Daar is twee uitstallings. Vir Gee, aangee: nooit opgee in die Breytenbach Galery is gevestigde kunstenaars deur die hoofkurator, Anne-Ghrett Erasmus, en die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren genooi om ’n visuele gesprek te voer met Breyten Breytenbach.

Kunstenaars kon Breyten se digkuns én skilderkuns as vertrekpunt en inspirasie gebruik om kunswerke te skep wat Breyten se nalatenskap eer, erken en verder neem.

Vir wanatoe? soentoe in die Cloete Gemeenskapsgalery het Anne-Ghrett en die kunstenaar, onderwyser en lektor Marieke Kruger jong, ongevestigde kunstenaars van die toekoms geïnspireer en leiding gegee. Kruger het ’n keuse van haar top oudstudente van verskillende instansies genooi om deel te neem aan hierdie uitstalling om die pad vorentoe ná Breyten in hulle kuns aan te dui. Bespreek by Anne-Ghrett Erasmus Coetzee by 083 415 0002.

Lees ook:

Persverklaring: Tuin van Digters 2025

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top