Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Lam ter slagting deur Madelein Rust
2018-08-20LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Lam ter slagting deur Madelein Rust, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
Persvrystelling: 2018 se Etienne van Heerden Veldsoirée en Veldskool oor September-langnaweek
2018-08-17Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée vind vanjaar oor die langnaweek 22–25 September op Cradock en Somerset-Oos plaas. Naas die boekefees word daar vanjaar ook ’n veldskool vir ontluikende skrywers aangebied.
Tom Gouws (1961–2018)
2018-08-16"Skryf is om elke vroegoggend ’n wilde perd te gaan vang en by jou skryftafel tot rus te bring." Lees oor die lewe en werk van Tom Gouws in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.
Persvrystelling: Jol met skrywers en kenners
2018-08-16Die vierde BoekeJolfees sal vanjaar van 30 Augustus tot 1 September by die Leriba Hotel in Centurion aangebied word. Meer as 30 boekbesprekings, aktuele gesprekke, werkwinkels vir jeug en volwassenes en sosiale samesyn word aangebied. Nog inligting is hier beskikbaar.
Persvrystelling: Die skielike dood van Mark Minnie, medeskrywer van Die seuns van Bird Island
2018-08-15"Hy het Tafelberg meegedeel dat hy die afgelope week verskeie leidrade in Port Elizabeth suksesvol opgevolg het en was vasberade om nog getuienis openbaar te maak."
Persvrystelling: Die SA Akademie betreur die heengaan van Christo van Rensburg
2018-08-14"Met die oorlye van Christo van Rensburg het Afrikaans een van sy belangrikste navorsers oor die herkoms van Afrikaans verloor, het Jacques van der Elst namens die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns gesê."
NB-Uitgewers betreur Koos Human se afsterwe
2018-08-10"Hy was veral bekend vir die besonderse manier waarop hy die uitgewer se verhouding met skrywers tot ’n fyn kuns vervolmaak het."
kykNET-Rapportpryse: 2018-kortlyste is hier!
2018-08-10"Die 2018-benoemdes vir die kykNET-Rapportpryse, wat die Jan Rabie-Rapportprys vir nuwe werk insluit, is pas bekend gemaak. Dit is die grootste en rykste jaarlikse boekpryse in Afrikaans."
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Wat het geword van Dinsdag? deur Tinus Horn
2018-08-10LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Wat het geword van Dinsdag? deur Tinus Horn, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
Persvrystelling: Toetssaak oor moedertaalonderrig binnekort in die Konstitusionele Hof aangehoor
2018-08-10"Die appèlsaak gaan allereers oor die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid, maar dit is ook ’n saak wat veel wyer implikasies vir Suid-Afrika se onderwysstelsel en die ontwikkeling van sy samelewing inhou."
Persvrystelling: Klassieke musici opgewonde oor tiende Klein Karoo Klassique
2018-08-08Klein Karoo Klassique, Oudtshoorn se fees van klassieke musiek, kuns, kos en wyn, word van Donderdag 9 Augustus tot Sondag 12 Augustus aangebied. Hier is van die hoogtepunte op vanjaar se program.
Jongleserskompetisie: wenners aangekondig!
2018-08-08Hier is die wenners van hierdie resensiekompetisie vir skoolkinders.
67-woord-gedig vir Mandela-dag 2018: Kortlys
2018-08-08Altesaam 75 uiteenlopende inskrywings is ontvang. Hier is die kortlys van tien gedigte.
