Persvrystelling: Jol met skrywers en kenners

  • 0

Die vierde BoekeJolfees sal vanjaar van 30 Augustus tot 1 September by die Leriba Hotel in Centurion aangebied word. Meer as 30 boekbesprekings, aktuele gesprekke, werkwinkels vir jeug en volwassenes en sosiale samesyn word aangebied.

Alle moontlike boekgenres word ingesluit en skrywers van regoor Suid-Afrika deel in die insiggewende gesprekke. “Daar word jaarliks gepoog om die jongste boeke en hul skrywers in die program in te sluit,” vertel Dia van Staden, Direkteur van BoekeJol.

Die tuin van Leriba Hotel sal ’n lushof wees waarin die publiek rustig kan verkeer tussen die verskillende gesprekke. Twee wonderlike restaurante kan besoek word as die honger begin knaag. Regoor die terrein, op die stoepe, sal wyn- en koffiestasies beskikbaar wees.

Gratis parkering vir besoekers is ’n groot bonus. Die maklike toegang vanaf die hoofweg en selfs die Gautrein maak die rit na die Leriba Hotel ’n plesier. Daar word verskeie venues op die hotel se terrein aangewend, maar elkeen is naby die ander.

Daar word uitgesien na ’n jeugprogram vir skoliere, onderwysers en ouers. ’n Omroeperswerkwinkel, Skryfwerkwinkel vir graad 7 tot 11 leerders, ’n Engelse redenaarswerkwinkel en verskeie aktuele besprekings waaraan deelgeneem kan word, word aangebied.

Louis Dey bied ’n bespreking oor boelies en die invloed van sosiale media in Engels aan. Derick van der Walt en Carin Krahtz sal met graad 4 tot 7 leerders en onderwysers oor die voordele en pret van lees gesels. Annelien Pienaar, skrywer van Boerekos met ’n twist, sal ’n kosdemonstrasie aanbied en die voorbereiding van ’n boerekosblik met ’n twist demonstreer.

Fotograwe gaan besoekers inlig oor hul onderskeie kamerawerk en die praktiese neem van foto's. Die deelnemers sal Santie Korf, Annemé Beukes, Maryna Cotton en Sarel van Staden insluit.

Hoërskoolleerlinge kan deelneem aan die skryf van ’n nuusberig en laerskoolleerders aan die skryf van ’n limeriek. Kyk na die temas op die webwerf by www.boekejol.co.za. Stuur ’n e-pos na info@boekejol.co.za om ’n registrasievorm vir die nuusberig of limeriek te ontvang. Maroela Media se digkompetisie vir oud en jonk is steeds aan die gang en kontantpryse kan gewen word. Die skakel is: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/gedigte/wen-skuil-daar-n-digter-in-jou/.

Uppercasebooks gaan hul boekwinkel op die terrein opstel sodat elke liefhebber hul gunsteling boeke kan koop, voordat die skrywers dit teken.

Die publiek word uitgenooi om saam te kom kuier om boeke, wyn, skrywers, sprekers en intellektuele temas. Kuier op die BoekeJol Facebook-blad by BoekeJol en FilmRolfees en besoek www.boekejol.co.za vir die volledige program.

Gaan na https://tickets.tixsa.co.za/events/26816 vir kaartjies. Stuur ’n e-pos aan support@tixsa.co.za of bel +27 71 274 1613 vir kaartjienavrae.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top