Jonathan Amid

Jonathan Amid was in 1986 in Israel gebore. Hy is van kleins af lief vir kuns, musiek, films, stories en boeke en bly die afgelope drie dekades in Stellenbosch, waar hy op skool was en by die Universiteit Stellenbosch geswot het. Hy verwerf ‘n BA in Geesteswetenskappe, en daarna ‘n BA Hons en ‘n Meestersgraad in Engelse Letterkunde (beide cum laude). Hy ruil ongeveer die afgelope dekade die lesingsaal vir die volgehoue uitdaging van voltydse tekspraktisyn (manuskripontwikkeling-, keuring en redigering in Afrikaans en Engels), private skryfkonsultant en vryskutresensent wees. Honderde resensies oor meestal plaaslike fiksie en nie-fiksie verskyn uit sy pen in die dagblaaie en op Netwerk24, op LitNet, Skrop.co.za, en in die nuwe gedaante van die Vrye Weekblad.

 

Duiwelsduo: die tweede boekeoorlog

Jonathan Amid, Deborah Steinmair Boeke en skrywers 2020-02-19

Oor teksredigering, skaduboks, die klein literêre poel, oopkopresensente en uitskieters. Lees hierdie gesprek tussen die boeke-duiwelsduo Jonathan Amid en Deborah Steinmair.

Duiwelsduo: die eerste boekeoorlog

Deborah Steinmair, Jonathan Amid Boeke en skrywers 2020-02-06

Vuurwarm boekduiwels Deborah Steinmair en Jonathan Amid vat mekaar aan oor boek- en skryfsake. Skerp, slim, voor op die wa, insigryk en belese, ontstigtelik en ondermynend. Hier is die eerste salvo.

Gedeeltelik bewolk: ’n onderhoud met Ruan Kemp

Jonathan Amid, Ruan Kemp Skrywersonderhoude 2019-09-19

"Wanneer vreemdelinge hoor ek het ’n boek geskryf, wil hulle natuurlik weet waaroor die boek gaan, dan sê ek dit is ‘n storie oor die avonture van ’n mal man. Dan vra hulle (natuurlik): 'Is dit outobiografies?'"

Die dekonstruksie van Retta Blom: ’n onderhoud met Zelda Bezuidenhout

Jonathan Amid, Zelda Bezuidenhout Skrywersonderhoude 2019-08-12

"Maar ongeag wat vir my voorlê of waar ek my gaan bevind, ek weet ek sal nie sommer ophou skryf nie."

Repliek op brief oor Gedeeltelik Bewolk in Die Burger

Jonathan Amid Menings 2019-08-08
Jonathan Amid reageer op die brief oor Gedeeltelik Bewolk in Die Burger.
 
 

Die man van Quatro: ’n onderhoud met Calvyn van Niekerk

Calvyn van Niekerk, Jonathan Amid Skrywersonderhoude 2019-08-07

"My leser betaal my vir vermaak. 'Spanningsverhaal' is een woord vir 'boeiende storie' en dit kom altyd eerste."

In ’n land sonder voëls deur Harry Kalmer: ’n resensie

Jonathan Amid Resensies 2019-08-02

"Gestroop is dalk een manier om dit te beskryf, maar dit laat nie reg geskied aan die magdom betekenismoontlikhede wat die skrywer se woordkeuses en rangskikkings wel tot stand bring nie."

Skrywersonderhoud: André Krüger oor Redelike hoeveelheid moeilikheid

Jonathan Amid, André Krüger Boeke en skrywers 2019-07-31

"My proses is benaderd chaoties. My proses is die anti-proses. Ek doen wat ek kan, wanneer ek kan en waar ook al ek kan. My notaboek gaan waar ek gaan, want ek het al geleer dat ek myself 'n rat voor die oë draai as ek dink ek sal later die guitige sin, gedagte of idee onthou wat ek nou net uitgedink het."

Sypaadjie: ’n onderhoud met Alma Rossouw

Jonathan Amid, Alma Rossouw Skrywersonderhoude 2019-07-10

"Ek wou ’n lekkerlees liefdesverhaal oor vroulike seksualiteit skryf."

Doodsengel: ’n onderhoud met Madelein Rust

Jonathan Amid, Madelein Rust Skrywersonderhoude 2019-07-03

"’n Mens skryf met passie en oortuiging juis as jy geraak word deur pyn."

Web – 'n onderhoud met Naomi Meyer

Naomi Meyer, Jonathan Amid Skrywersonderhoude 2017-02-28

"Nee, ek het nie die storie se einde geken toe ek dit begin skryf het nie. Ek het in die donker agter die storie aangeloop met 'n koplig wat net so 'n paar treë voor my uit skyn."

Reader's review: Wasted by Mark Winkler

Jonathan Amid Books and writers 2015-06-24

"If we are to listen to one  another, and to one another’s stories, we must be willing to recognise not only  our own wounds but the wounds of others."

LitNet Akademies-resensie-essay: Ikarus deur Deon Meyer

Jonathan Amid Boeke en skrywers 2015-06-12

"Dit is deesdae byna  onmoontlik om na 'n speurfiguur te verwys sonder dat kaptein Bennie Griessel as  verwysingspunt dien ..."

Resensie: Skuldig deur Martin Steyn

Jonathan Amid Resensies 2015-05-05

"Skuldig is met tye ’n genadeloos intense roman wat die leser se morele kompas stuk vir stuk aftakel en doelbewus met meer vrae as antwoorde laat."

Review: An Imperfect Blessing by Nadia Davids

Jonathan Amid 2015-02-16 "Davids is unafraid to tackle hefty questions that refuse arbitrary answers: How does transformation and transition take place? Who gets to determine the course and character of relationships?"
Top