Jonathan Amid was in 1986 in Israel gebore. Hy is van kleins af lief vir kuns, musiek, films, stories en boeke en bly die afgelope drie dekades in Stellenbosch, waar hy op skool was en by die Universiteit Stellenbosch geswot het. Hy verwerf ‘n BA in Geesteswetenskappe, en daarna ‘n BA Hons en ‘n Meestersgraad in Engelse Letterkunde (beide cum laude). Hy ruil ongeveer die afgelope dekade die lesingsaal vir die volgehoue uitdaging van voltydse tekspraktisyn (manuskripontwikkeling-, keuring en redigering in Afrikaans en Engels), private skryfkonsultant en vryskutresensent wees. Honderde resensies oor meestal plaaslike fiksie en nie-fiksie verskyn uit sy pen in die dagblaaie en op Netwerk24, op LitNet, Skrop.co.za, en in die nuwe gedaante van die Vrye Weekblad.