Hilda Smits

Hilda Smits is in Potchefstroom gebore, en het vroeg reeds geleer dat agt mense na heelwat moeite in een rooi Anglia kan pas. Later jare het haar pa darem ‘n kombi aangeskaf, en kon hulle dorpies die grootte van albasters agterlaat vir teer paaie en ‘n Ster-Kinekor. Na ‘n dekade van (onder andere) wortels pak in Londen bevind sy haarself deesdae in Philadelphia waar sy as psigoterapeut praktiseer. Van haar gedigte verskyn in New Contrast, Vonkverse en Nuwe Stemme 5. Smits debuteer in 2016 met die bome reusagtig soos ons was. 

In my droom

Hilda Smits 2009-12-01 In my droom sit ek weer agter op die motorfiets in Indië, kamera wankelrig in die hand, die pad kronkel soos ’n nat tong onder ons deurgeslyte bande, en die gloeiende Oog van die kamera brand ’n gat deur die immergroen bome, die wit oggendlig wat flikker-en-spat aan weerskante, ons hare wapper verlore – windverstrooide woorde - en […]

die slak

Hilda Smits 2009-09-07

die Stilte

Hilda Smits 2009-09-07

Tottenham court road

Hilda Smits 2009-09-07

Dink aan my

Hilda Smits 2009-05-14 Dink aan my as die rooi tong van die karoo-son oor jou breë skouers lek, en jou gebarste voete oor die sandkombers van die woestynvloer kners en wanneer jy jou reuse-rugsak pootuit op die grond laat val en die tent se koel mure vaardig vaspen, die son sy kop moeg laat sak op 'n kaal […]

ongetiteld

Hilda Smits 2008-12-18

ongetiteld

Hilda Smits 2008-12-18

vir isobel 27 Junie 1918

Hilda Smits 2008-12-18 isobel jou huis sal my hart wees totdat ek ook beswyk die lampe hier gloei - geel huiwerende vinke teen die muur - en jou klein hande hou my vas in die nag drup drup die swart reën en val die dood se skaduwee ligvoet in die skarniere van jou bleek gelaat isobel jou hande […]

sondag lunch in wetherspoons

Hilda Smits 2008-12-18 klowe op die man se gesig langs ons waterige oë sy bier geklem 'n vangs geplooide hande die are stu blou op swaarde geroesemoes van gebreekte stemme die sunday times lê bleek onder hande – swart-en-wit-geblokte sak – glimlag soos ek ook, sonder tande

Jy haal deesdae ook bedags asem

Hilda Smits 2006-11-01

die geel dag onverwags

Hilda Smits 2006-11-01

PS

Hilda Smits 2006-11-01
Top