Jy haal deesdae ook bedags asem
hortend, vrottend na gisters, 'n swart môre
die lot van 'n dooie christus ek skrop
my hande bloedloos skoon en hang my kop
in onskuld ek voel my pols tussen duim en voor
vinger en kom met 'n sug
'n hopie grond in Potchefstroom ons bou 'n steen
met jou naam daarop ek plant 'n geel blom soos
die son, verduister deur Van Gogh se swart kraaie
en hul skemer tog. Wat is die son
met die einde altyd op die horison?

