die geel dag onverwags

  • 0

jy het hierdie week getalm in die Thames onder Kew Bridge
jou stem weergalm tussen Marks&Spencer mense soos 'n galg
ek staan bedags by 'n rooi busstop jou voete op die sypad wat
strompel met afhak skoene, en klim op die 391 vir brood en melk
en toe kom jou geel dag onverwags en eensaam, die maer man
met bewende hande en jy stink na drank en nostalgie, na brood
en botter, swart kam in jou hempsak met bak hande en verbete
wagtend vir die Wederkoms en jouself om ook te kom
sober sit ons nou op 'n vernielde bank en ek rook 'n sigaret op jou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top