Dink aan my

  • 0

Dink aan my as die rooi tong van die karoo-son oor jou breë
skouers lek, en jou gebarste voete oor die sandkombers
van die woestynvloer kners

en wanneer jy jou reuse-rugsak pootuit op die grond laat val en
die tent se koel mure vaardig vaspen,

die son sy kop moeg laat sak op 'n kaal horison ...

dink aan my;

as die maan bleek sy sterk ken uitsteek, en die sterre flikker
soos die spatsels weerlig op die speke van jou gegrendelde fiets
hier ...

en die vuur se tong oranje stotter en vlam vat, en gesellig
sarsies geel-groen-en-pers vlamme soos woorde uit skiet –

en wanneer die nag uiteindelik stil nader draf - ‘n spinnende kat -
en op jou skoot kom lê,

dink aan my …

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top