Danie Botha

Danie Botha was van 1972 tot 2002 fiksie-redakteur by Tafelberg-Uitgewers en ook die stigter van die druknaam Homeros. Ná sy uittrede is hy steeds werksaam in die uitgewersbedryf as vryskutboekeredakteur. Tot Augustus 2006 was hy redakteur van Gay@Litnet. Hy is die skrywer Die Soft Rock Klub (kortverhale;1995), en verskeie verhale (ook vir kinders) is gebloemlees deur Hennie Aucamp, Abraham H de Vries, Linda Rode en Johann de Lange.

Hy is die samesteller van twee publikasies oor die geskiedenis van Tafelberg-Uitgewers, Hulde aan JD [Pretorius] (1987) en In ons goeie boekies: skrywers en redakteurs oor Tafelberg-Uitgewers (1991). Van 1986 tot 2007 was hy toneelresensent van Die Burger; daarna tot 2015  vir die teaterwebruimte van die Masque-teater in Muizenberg. Tans skryf hy vir LitNet: Leefstyl: Teater. Sy jarelange navorsing oor die geskiedenis van die pioniers van die Afrikaanse beroepstoneel, onder andere by NALN, het beslag gekry in Voetligte en applous! wat in 2006 by Protea Boekhuis verskyn het.

Hy stel keurbundels saam uit werk wat hy as boekeredakteur dikwels versorg het: Die beste spookstories van CJ Langenhoven (1992), PH Nortje seWellington se suiker (1993) en Op ’n hoë noot (2008), en Fanus Rautenbach se Tien uit tien (2010). In 2015 verskyn Om  Hennie Aucamp te onthou. Hy het dit saamgestel uit huldigingstekste by die dood van Aucamp.

Tot 2013 was hy veertien jaar lank mede-aanbieder van ’n kultuurprogram, "Kaapse Dagboek", by Fine Music Radio in Kaapstad. Sedert 1973 het hy voordragprogramme saamgestel en kortverhale van Langenhoven en Dalene Matthee verwerk vir RSG, en bydraes gelewer tot letterkundige programme. Met ’n lisensiaat in voordrag en drama van die Akademie vir Dramakuns in Kaapstad tree hy op in radiohoorspele; was hy huilende skurke in die Springbokradio-vervolgverhale. Was medestigter van die Akademiespelers, ’n toneelvereniging vir die studente van die genoemde dramaskool; in hulle teater Die Kamer het hy dikwels toneelgespeel. In 2011 ontvang hy ’n oorkonde van die ATKV vir sy bydrae tot die uitgewerswese, letterkunde en die radio. In Julie 2014 verskyn Die helder dae waarin hy kortverhale oor sy jeug op Worcester, artikels oor teaterlui, skrywers en uitgewers in Kaapstad, en godsdienstige rubrieke uit Kerkbode versamel. Dit vorm ’n outobiografie in die kleine. Die boek gee aanleiding daartoe dat eers Ampie Muller en nou Amanda Botha hom boeke laat bespreek in Fine Music Radio se maandelikse “Boekkeuse”. Van sy boekbesprekings word ná uitsending op LitNet geplaas asook dié wat hy net vir LitNet lewer.

Weerlose weerstand: die gaydebat in die NG Kerk deur André Bartlett: ’n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2018-04-04

"Terwyl ’n mens lees, kry jy dalk insig in probleme en inhoude waaroor jy nog altyd onseker was, waaroor jy dalk skuldig voel. As gay, ouer of vriend kan jy jou byvoorbeeld vereenselwig met die opgetekende ervarings."

Isabella deur Mariël le Roux: ’n leeskringbespreking

Danie Botha Boeke en skrywers 2018-03-28

"Isabella vertel haar verhaal in die eerste persoon. Sy dra haar eie gedagtes en emosies oor, beskryf hoe sy teenoor ander optree en dramatiseer die talle gebeurtenisse oor 300 groot bladsye heen. Hier gebeur inderdaad baie. Ek was nie verveeld nie."

FMR-resensie: Hans steek die Rubicon oor deur Rudie van Rensburg

Danie Botha Resensies 2018-03-19

"Hans steek die Rubicon oor deur Rudie van Rensburg is die komiese én lewensgetroue roman oor die bejaarde Hans van Kraaienburg."

Present laughter: ’n resensie deur Danie Botha

Danie Botha Teater 2018-03-07

"Baie mense moet dit nog sien en geniet."   

Dramateks: ’n Skouer in die nag

Danie Botha Drama 2018-03-05

Danie Botha deel ’n dramateks uit sy pen met LitNet.

EVITA by die Kunstekaap: ’n resensie

Danie Botha Teater 2017-12-14

"Emma Kingston se vertolking toon wisseling; sy skep kontraste. Sy  gee nie net strelende, soet sang nie. Sy klink ook soms verbete, skerp en aggressief. Want haar sang en toneelspel vorm ’n eenheid. Haar groot én kleiner bewegings verhelder die betekenisse van die lirieke."

Rooi haring deur Schalk Schoombie: ’n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2017-12-05

"Dis asof ’n ingeligte verteller ons opwindend voorstel aan die karakters en gebeurtenisse dramaties beskryf. Schoombie is ’n ervare en bekroonde dramaturg, akteur en joernalis. Dit blyk uit die uitstekende dialoog, hoogs geslaagde beeldspraak, toeganklike paragraafbou en ritmiese sinne waarin sommige woorde rym of allitereer."

Die nag van Legio: ’n teaterresensie

Danie Botha Teater 2017-11-17

"Die voortreflikste van hierdie toneelopvoering is die samespel en dan die voortstuwing van die handeling. Aanhoudend gebeur dinge."

The play that goes wrong: ’n teaterresensie

Danie Botha Teater 2017-11-08

"Moet asseblief nie twee sekondes twyfel nie! Gáán na hierdie kragtige komedie. ’n Mens moet heeltemal sonder ’n sin vir humor wees as jy glad nie sal glimlag, grinnik of skaterlag nie."

geskoei deur Johan Rabie Murray: ’n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2017-11-01

"Hy is nou duidelik, soos hy dit noem, ’n ou toppie, uncle. Maar hier is nie juis selfbejammering nie. Nee, daar’s kort besinnings en ook kort-kort humor en ’n geesdriftige lewensblyheid."

Die diepblou see deur François Loots: ’n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2017-10-03

"Soos in sy vorige romans is magiese realisme weer aanwesig. Bewonderaars daarvan sal bly wees dat die onreële baie sterker as vantevore is."

The Mystery of Irma Vep: ’n resensie deur Danie Botha

Danie Botha Teater 2017-08-10

"Die ouditorium is vir jou gepak! Die meerderheid van die groot openingsaandgehoor sal later orent spring of steier vir ’n ovasie. Laasgenoemde klink nes die dreunings en die 'ontploffings' wat telkens onheil aankondig oor lord Edgar en lady Enid se landgoedwoning op Mandacrest."

Isabella deur Mariël le Roux: ’n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2017-07-21

"Iets wat besonder voortreflik gedoen word, is die slotsinne van die tonele. Dit dra ’n sekere finaliteit oor. Die sinne is sober en oorwoë."

Suddenly the storm: ’n teaterresensie

Danie Botha Teater 2017-06-20

"Sterk is die opbou. Dan, wanneer Dwayne sy weergawe van die verlede gee, toe hy nog ’n polisieman was, en Namhla hare oor ballingskap en haar familie, begin een van die sterkste en mees emosioneel gelaaide onthullings en ontknopings in ons toneelkuns."

Gulp: Kaapse paragrawe deur Johann de Lange: ’n resensie

Danie Botha Resensies 2017-05-03

"Tussen die menigtes in die Goue Akker en met sielige musiek wat speel, beland sy agter twee netjiese jongmans met aktetasse. Bo die geraas hoor sy een vir die ander een vra: 'So, how’s your sex life?'"

Top