CM
Gebore 7 Junie 1933. Studeer Helpmekaar Seunskool Johannesburg en Universiteit van Suid-Afrika
Die wonder van woorde
CM
2013-03-14
Enigiets wat met woorde sonde gemaak is, kan met woorde geheilig word.
Natuurkeuse
CM
2013-03-12
Wesens wat hul denkers stenig en verbrand, bly vir eeue modderkruipers.
So gemaak en so gelaat staan
CM
2013-03-12
Dit blyk net nie moontlik te wees om vir iemand wat van kleins af vertel is dat hy ‘n maker het wat dink dat hy ‘n onnosele gemors is, selfrespek te leer nie.
Nuut
CM
2013-03-11
Die woorde wat ons gebruik is sommer nou die dag gemaak.
Verblindende akademiese kennis
CM
2013-03-11
Met die werklikheid te ingewikkeld vir begrip, word aangeleerde onsin hoogdrawend van geslag tot geslag oorgedra.
Beperkte beskikbaarheid
CM
2013-03-08
Slegs ongelowiges mag weet van die metodes wat oor eeue ontwikkel is om feite te bewys.
Woordfees-logika
CM
2013-03-08
Die eenstemmigheid van ‘n geslote groep eensgesindes bewys dat hulle reg is.
Regsbevoegdheid
CM
2013-03-07
Die invordering van ‘n paar rand verg geregshowe en bewese feite.
Maklike uitweg
CM
2013-03-06
Wetenskaplikes swoeg en sweet om lewe te verleng.
Stagnante vernuwing
CM
2013-03-04
Daar is ‘n droom en ‘n passie om primitiewe bedenksels tot wonderwerke uit te bou.
Inherente gebrek
CM
2013-03-04
Die meeste smart word veroorsaak deur geliefdes wat oortuig is dat hulle goed en reg is.
Swak getuienis
CM
2013-03-01
Die inhoud van woorde is hoorsê en as dit nie gestaaf word deur feite nie, het dit geen bewyskrag nie.
Geleide dwaling
CM
2013-02-27
Volgens ons voorpraters is almal, na duisende jare se volmaakte leiding, aan die dwaal.