Magteloos
2013-02-21 Beskaafde beredenering is nie vir diegene wat aan dogma gebonde is, beskore nie.
Die verkondiging van waansin
2013-02-19 Die regering moet glo optree teen die volmaakte rampe wat van bo kom.
Knaende worsteling; Die verkondiging van waansin; Goeie genade!
2013-02-19 Wie nie wil weet dat feite bewysbaar is nie, is lewenslank in vertwyfeling.
So helder soos daglig
2013-02-18 Die waarheid is gewoonlik voor die hand liggend, maar dit klink tog so verhewe en vroom as daar ewig nederig daarna gesoek word.
Moderne boekgeleerdheid
2013-02-15 Geleerdes en ongeleerdes gee voor dat hulle alles weet van gebeure wat in boeke beskryf word, en wat plaasgevind het voor boeke bestaan het.
Stadig van begrip
2013-02-14Eeu in en eeu uit word daar gepreek dat die lewe ’n fout is wat reggestel moet word.
Alles tevergeefs.
Strewe
2013-02-13Met simbole van moordtuie om nekke en in voorportale word gehunker na geluk in die bloed en drek van die verlede.
Afgeleerde insig
2013-02-12 Logiese denke is ’n natuurlike aanleg wat deur opvoeding vernietig word.
Lyflose genot
2013-02-12Ook maar goed dat diegene wat ewig gaan lewe dit sonder ’n lyf gaan doen ...
