CM

Gebore 7 Junie 1933. Studeer Helpmekaar Seunskool Johannesburg en Universiteit van Suid-Afrika

Selfvoldaan

CM 2013-06-04 Oortuig van sy eerbaarheid, wil niemand weet wanneer hy lieg nie.

Ondeugdelike deugde

CM 2013-06-03 Die mens oorleef ten spyte van sy beginsels.

Katstert

CM 2013-05-28 Al wat leef droom van die heerlike dood, en skrik as hulle wakker is.

Cul-de-sac

CM 2013-05-27 Dit is onsinnig, en gevaarlik, om te argumenteer met iemand wat nie rasioneel en logies dink nie.

Natuurlike beperking

CM 2013-05-20 Dit is nie moontlik om alles te weet nie.

Verwaandheidstoets

CM 2013-05-17 Niemand kan kennis dra van dinge wat nie bestaan nie.

Karikature

CM 2013-05-06 Menswees is ‘n lewenslange geskarrel van wesens wat mekaar wil oortuig dat hulle is wat hulle nie is nie.

Voortreflike leuens

CM 2013-04-29 Ons is geleer, en leer ons kinders, dat dit voortreflik is om te lieg.

Soetkoek

CM 2013-04-22 Mense kan die meeste dinge wat hulle kwytraak, nie weet nie.

Wie lieg waar?

CM 2013-04-12 In ’n hof kan almal sweer en bevestig wat waar is.
Daarbuite is almal spoggerig onkundig daaroor.

Waarheid

CM 2013-04-11 Waarheid is nie iets wat gesoek kan word nie.
Dit is altyd daar om te ervaar.
Wat knaend gesoek word is nuwe maniere om mekaar te belieg.

Worstelhelde

CM 2013-03-25 Die magdom wat oortuig is dat hulle nooit mag toegee dat hulle verkeerd kan wees nie, bly aan die stry tot die dood toe.

Lewe

CM 2013-03-19 Lewe is nie ‘n probleem wat opgelos kan word nie. 

Onwetende weters

CM 2013-03-19 Onwetende weters

Oplossing?

CM 2013-03-18 Die dood? 
Top