Wie lieg waar?

  • 3

In ’n hof kan almal sweer en bevestig wat waar is.
Daarbuite is almal spoggerig onkundig daaroor.

CM

  • 3

Kommentaar

  • Hallo CM

    Amper almal buite "die hof" is spoggerig onkundig oor waarheid wat lieg, ja, dikwels, maar nie heeltemal almal nie. Google gerus "Het vierde man" en  kyk die fliek op die internet. Die Nederlandse skrywer (Verhoef as ek sy van reg onthou) van die roman met dese naam wat ook verfilm is as "Het vierde man" maak 'n punt daarvan om vir die filmkyker te laat verstaan dat die skrywer "liegt de waarheid", bedoelende dat die film weergawe is 'n "leuen" wat op werklike verloop van gebeure gegrond is, en dat die akkuraatheidsfaktor van die styl waarin die roman verfilm is, versterk die "liegt de waarheid." In die geval van hierdie film waarin die dood van drie mans agterna in film terme vooruitgeloop word, speel die skrywer en regiseur spoggerig met die begrip van binne dieselfde konteks leuns en waarheid vertel. Dit is 'n begrip wat mense wat deesdae dikwels meer op die een of ander skerm sien as in die werklike lewe goed in gedagte moet hou om oop kop te wees oor waarheid en werklikheid.  Dat in die post moderne tyd waarin ons tans leef daar selfs gevalle is van verskillende waarhede vir mense wat aan of in verskillende aangeleenthede glo kan omtrent nie oortuigend betwis word nie. En laaste, net omdat 'n persoon in 'n hof staan en praat, beteken nie dat dit wat die persoon praat nie leuens is nie.  Ek het reklame geskryf vir my broodwin. 'n Werkgewer het een oggend om drie voormiddag vir my baie goed laat verstaan "it's only true if you believe it".

    Vriendelike groete
    Henk Seymore

  • Hallo Henk

    Baie dankie vir jou belangstelling.

    Die meeste mense beleef versinsels as werklikhede,  en die samelewing beskou dit as voortreflik.

    Vriendelike groete
    CM

     

     

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top