Verwaandheidstoets

  • 8

Niemand kan kennis dra van dinge wat nie bestaan nie.

CM

  • 8

Kommentaar

  • Jy's verkeerd! Daar is miljoene wat kennis dra van dinge wat nie bestaan nie. Al daardie kennis is soms so gek, dat dit aan die absurde grens!

  • Kobus de Klerk

    Presies, gewoon onmoontlik.

    Daarom dan, wanneer mens wel kennis dra van 'n 'Ding' is dit juis omdat daardie ' Ding' bestaan om van kennis te dra.

    Hoe verwaand is dit juis om daardie 'Ding'  dan Sy bestaan en bestaansreg te probeer ontken. Dit is pure domheid.

    Kobus de Klerk

  • Ek kan in my verbeelding 'n "Ding" skep, en dan vas glo dat ek kennis van die "Ding" het. Bestaan hierdie "Ding" dan?

  • Kobus de Klerk

    Dit sou nog miskien kon werk om so 'n redenasie te volg, Angus, as die verbeeldingsvlug dalk van 'n geïsoleerde ervaring van 'n enkeling af sou kom.

    Maar komende van letterlike biljoene mense oor meer as 4000 jaar heen, algar met dieselfde ervaring van die bestaan van die 'Ding' - vrydenkende, logies denkende, normale mense en in die laaste eeue ook hoogs geleerde mense, wie nogal nie eens in spoke as sulks glo nie, was dit nog nooit 'n verbeeldingsvlug nie, maar is dit die Werklikheid.

    Dan moet die skamele paartjies wat nie daardie ervaring kan meemaak nie, eerder wyslik introspeksie hou en hulself afvra, wat gaan met my aan? Instede om, uit besef van onbekwaamheid, die fout by die massa te soek wat in essensie dieselfde ervaring het - bykans onveranderd - oor die verloop van meer as vierduisend jare van ontwikkeling heen.

    Jy behoort te besef jy kan net nie regkom met jou argument nie - daar is fout met jou  - nie met die biljoene normale mense oor die afgelope meer as 4000 jaar, nie..

    Kobus de Klerk

  • Hello, 

     
    Daar word die indruk geskep dat die wat los staan van religie 'n uitsondering is en selfs 'abnormaal' is wanneer die getal gelowiges in oorweging gebring word, maar oor die die afgelope twee dekades was daar 'n rewolusie in die sielkunde en die kognitiewe neurowetenskappe en daaruit is daar 'n duidelike verduideliking gebaseer op die werking van evolusie en waarom die menslike verstand godsdienstige geloof genereer en meer tot die punt hoekom die mens juis daardie tipes van oortuigings huldig, aanvaar en hulle oordra van geslag tot gelsag. .
     
    Dit is belangrik om dit te verstaan, want godsdiens, terwyl dit nie 'n aanpassing in eie reg is nie, is afgelei van dieselfde sosiale aanpassings wat hulle onstaan het in die mens se brein en nou gebruik word deur die mens om tussen mense en in sy omgewing te funksioneer. 
     
    Hierdie aanpassings wat gevorm was om spesifieke sosiale en interpersoonlike probleme op te los het ontwikkel tesame met die tempo waarteen die mensdom ontwikkel het en is daarom die fondament van elke godsdienstige idee, die uitlewing daarvan en die beofening van rituele. 
     
    Gelowe is daarom dan doodgewoon oortuigings wat gebaseer is op basiese sosiale konsepte met geringe veranderings.
     
    Geloof gebruik en ry op alledaagse sosiale denke en aangepasde sielkundige meganismes wat ontwikkel het om die mens te help om in verhoudings te staan en in samewerking met ander mense te funksioneer, tesame met 'n konsep van 'agency', wat motivering en doelwitte formuleer asook die gevoel van veiligheid wat sielkundig grondslag vind in hierdie onderbou wat 'mind' daar stel. 
     
    Hierdie meganismes is gevorm oor miljoene jare en so ook van die eerste mense wat Afrika verlaat het en die oorsprong van almal op aarde vandag en word van generasie tot generasie oorgedra. 
     
    Een van die eerste boustende is die van 'attachment' en is een mees kragtigste aanpassings in die menslike psige. 
     
    Die mens kan nie sonder dit oorleef nie. 
     
    Neuroscientists now believe that attachment is such a primal need that networks of neurons in the brain are dedicated to it, and the process of forming lasting bonds is powered in part by oxytocin. Today, we see the attachment system every day in our lives and in our own relationships with friends, lovers, spouses, and children. In fact, the attachment system as such is commonly if not always consciously accepted. Not only are people attached to family, they are also attached to their pets, their lovers, their close friends.
     
    Hierdie verduidelik dan hoekom die godsdienstige persoon so vaskleef aan die konsep van gode:
     
    It is no leap of faith to see how the attachment system works not just in corporeal dealings but also in the human propensity to desire attachment to a religious structure, as well as to an unchanging, loving, and eternal. Not only is the attachment system a crucial part of religious faith, it is probably one of the adaptations that makes departure from it difficult.
     
    Tesame met die volgende: 
     
    The fact is that we never lose the longing for a caretaker.
     
    Die volgende aspek wat die bousteen vir geloof verklaar word soos volg uiteengesit: 
     
    We are born accepting that others are like us, intentional agents with minds like ours, even though we are unable to literally see their minds. This allows us to separate minds from bodies, to experience and believe that they are entirely different categories. Religious ideas are influential and endure because they fit neatly with this structure, this mind-body split.
     
    Die mens het dus hierdie merkwaardige vermoë om 'n komplekse interaksie met 'n onsigbare aspek van die brein te onderhou en word genoem, 'decoupled cognition' en is nog 'n bousteen van godsdienstige geloof.
     
    Interacting in our minds with unseen others is natural. Many people mentally converse with recently departed loved ones. A natural extension of this—a leap of faith, if you will—can become ancestor worship and belief in gods. Our mind’s ability to create a complex relationship with unseen others simply expands.
     
    Hierdie ongesiende god, entiteit is dan die god van sovele gelowe, soos wat daar mense is om dit te beoefen. 
     
    Die engelse term, 'agency' is die volgende belangrike bousteen en is die mens veral goed hiermee en is uiters bevooroordeeld om gebeure te interpreteer as 'n gebeurtenis wat doelbewus en met motivering deur 'n agent, (agency) daar gestel is. 
     
    Die volgende uitlewing word baie gesien hier, waar 'n onvolledige verstaan van die werklikheid opgevul word met 'n vertelling wat dit sal laat sin maak en 'n volronde prent skep. 
     
    We fill in blanks. That is inferential reasoning. Filling in the blanks without even thinking about it, operating with certain basic assumptions unstated, is the foundation of minimally counterintuitive worlds and helps us create a complete picture from an almost-complete one. If a small element or two is a little different, but not entirely off base, we can still see and accept the picture. It is still minimally counterintuitive. This is the basis for minimally counterintuitive worlds, which are an optimal compromise between the interesting and the expected.
     
    In teenstelling met die wetenskaplike metode wat na die werklikheid kyk, verklarings vind vir dit waarvoor daar verklarings gevind kan word en daar waar daar 'gapings' is, dit so laat en nie poog om 'n prent te probeer skets wat niks uitlaat nie en nie met onsekerheid kan leef nie.  
     
    Die volgende aspek van selfbedrog is 'n warm patat maar is daardie selfbedrog van kardinale belang om godsdienstige geloof in stand te hou en van geslag tot geslag oor te dra. Indien meer gelowiges kon sien hoe evolusie en die werking van die brein die teelaarde vir godsdiens moontlik gemaak het en so hul eie gedagtes meer duidelik kon sien dan sou dit baie duidelik wees dat selfbedrog 'n kardinale rol speel in hul aanvaarding van die geloof.
     
    Neem kennis daar is geen begeerte van my kant om enige persoon en die mensdom so te oordeel en is dit net aangebied as een van die argumente wat bestaan en word dit so oorgedra. 
     
    Die volgende aspek is die van, determination, en is daar 'n impuls om in die volgende in te gee, 'overread determination, especially human determination or purpose'.
     
    Dan word daar na kinders gedraai en dit wat kinders bevestig oor teleologie: 
     
    Children have been described as “intuitive theists.” Children show what is called promiscuous teleology, a basic preference to understand the world in terms of purpose. This contributes to what we now know about children’s belief. Children will spontaneously adopt the concept of God and a created world with no adult intervention. At heart we are all born creationists. 
     
    In teenstelling daarmee vereis ongeloof inspanning, onafhanklike denke en die opgee van die idee van teleologie, maar aangesien daar 'n uiterste sterk behoefte aan orde en volledigheid in die mens se psige is, word dit gevul deur die bestaansblik wat godsdiens moontlik maak. 
     
    Bogenoemde is dan 'n voorbeeld van die bevingdinge in sielkunde wat 'n verklaring kan bied. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Wat bedoel jy  "iets bestaan" of " iets  bestaan nie" ? Bestaan iets as jy glo dit bestaan ? Glo jy dat iets nie bestaan nie omdat jy glo dit betsaan nie. Het jy empiriese bewyse vir alles wat jy glo bestaan of neem jy maar die woord van ander mense dat dit wel bestaan? Glo jy bv. dat dark energy en dark matter bestaan en indien wel hoekom glo jy dit ? Kan ons kennis daarvan hê? Glo jy dit omdat jy die wetenskaplikes glo wat so sê of is jy 'n kenner op die gebied en jy kan verduidelik hoekom jy dit glo. Glo jy dat die heelal baie meer dimensies as die 4 het waarvan ons bewus is soos superstring teorie beweer of glo jy dit nie. Glo jy dat iets soos die liefde bestaan of glo jy dit nie.

     Ek sal dit waardeer as jy vir ons kan se  wat bestaan en wat bestaan nie dan weet ons sommer waarvan ons kan kennis dra of nie.

  • Irb

    As iemand nie kan bepaal of iets bestaan nie,  bestaan dit nie vir hom nie.

    Die woord van ander is gewoonlik versinsels.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top